Nie reën of modder kon Vrydag ons spelers se gees keer nie. Ons hokkiespanne het Vrydag vir die eerste keer teen Dirkie Uys te staan gekom vir ons jaarlikse Interskole en het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Hulle het deur die reën en koue steeds hul beste gegee. Ons het spesiaal vir Vrydagmiddag ‘n seuns en dogters o.7 en o.8 span saamgestel. Ons spelers was bietjie min en dieselfde kinders het die o.7 en  o.8 span verteenwoordig. Baie van die spelers het Saterdag teruggekeer om vir Dirkie Uys op die netbalbaan en rugbyveld te kom aandurf. Baie dankie aan al ons ouers en ondersteuners wat langs die veld en baan was om ons aan te moedig. Hier volg ons uitslae:

HOKKIE:

  • o.7 en o.8 spanne verloor hul wedstryde met onbekende tellings, maar geniet dit gate uit!
  • o.9 dogters verloor 1 – 2 
  • o.9 seuns wen 1-0
  • o.10 dogters wen 3-0
  • o.10 seuns wen 1-0
  • 0.11 dogters wen 5 – 0
  • 0.13A dogters gelykop 0-0
  • o.13 seuns wen 2-0

NETBAL:

  • o.7 A wen 4-2
  • o.7 B wen 3-2
  • o.8 A verloor 3-5
  • o.9 A wen 6-5
  • o.9 B wen 4-2
  • o.10 A wen 11-3
  • o.10 B wen 4-1
  • o.11 A gelykop 11-11
  • o.11 B wen 11-3
  • o.12A wen 15-11
  • o.12 B verloor 10- 2
  • o.13 A wen 21-7
  • o.13 B verloor 2-5

RUGBY:

  • o.7 A verloor 1 – 5
  • o.7 B verloor 6-7
  • o.8 A wen 4-0
  • o.9A gelykop 3 -3
  • o.11A wen 22 – 12
  • o.13 A verloor 45-12