Op Woensdag, 9 Februarie, sou die skool vir die eerste keer in sy Geskiedenis 6 spanne gehad het wat aan verskillende tenniswedstryde sou deelneem. Ongelukkig het die weer ander planne gehad en ons moes 5 van die spanne se wedstryde eers uitstel.

Drie van die spanne speel in die Noord-liga en 3 spanne speel in die Table View-liga. Ons gemengde D-span in die Noord-liga [Ané Swanepoel, Stella Pansegrouw, Daniel Welgemoed en André Marais] was op die ou einde van die dag die enigste span wat gespeel het. Die span het binne 45 minute met hulle dubbel- en enkelwedstryde teen Aristea afgereken en alles gewen. Baie geluk julle en dankie aan Juf. Maricqe Coetzer wat hulle vir die middag vergesel het.