Die 0/11’s het Woensdag, 3 November, ‘n krieketwedstryd teen mekaar gespeel. Hulle is in twee spanne verdeel, Engeland vs Pakistan.
 
Die spanne was soos volg:

Pakistan:
Dawid-Wiese Viljoen (K); Frank vd Walt; Liam Schmidt; Ruald Naude; Delmar Benecke; Liam Joubert; Kai Allewell; Conrad Slabber en Shaye Schwartz.
Engeland:
Conrad Bezuidenhout(K); Ruben Eksteen; Pierre-Jaque Smit; Adriaan Wessels; Marais Groenewald; Schalk van Niekerk; Johan Symington; Willem Vorster; Stephan Holtzhausen en Nicholas Vermeulen.

Pakistan het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Hulle kry Engeland vir 56 lopies uit. Pakistan het met gemak die 56 lopies afgeslaan en wen die dag. Dawid-Wiese is aangewys as speler van die wedstryd met 40 lopies nie uit nie en Liam Joubert as bowler van die dag met 5 paaltjies.

Delmar Benecke het ook 2 paaltjies geneem, Dawid-Wiese Viljoen 2 paaltjies en Pierre-Jaque Smit 2 paaltjies.

Die gees was hoog en die seuns het dit baie geniet. Baie dankie aan al die ouers wat kom ondersteun het. Ons maak gou weer so.