Gedurende die laaste paar naweke het verskeie Jan van Riebeeck-leerders aan toernooie/rondes deelgeneem om moontlik vir die Distrik Suid-sone tennisspan gekies te word. Spelers se finale rang word deur hul beste 2 uitslae bepaal. Baie geluk aan die volgende leerders wat vir die Suid-Sone span verkies is:
O/10: Stella Pansegrouw & Gustav van der Linde
O/11: Klara Maree, Johan Symington & Dawid-Wiese Viljoen
O/12: Gustav Pansegrouw
Hierdie spelers sal dan die Suid-Sone oor die naweek van 30 Oktober – 1 November verteenwoordig waar hulle teen spelers van Sentraal gaan speel. Indien hulle by hierdie ronde goed vaar, staan hulle ‘n kans om vir die 2022 Kaapse (ou WP) span verkies te word. Baie sterkte aan al ons spelers!