Op Woensdag, 9 Februarie, het vyf van ons tennisspanne op verskeie bane wedstryde gespeel. Dit het met die meeste van ons baie goed gegaan.

Noord-liga
Seuns o/13A: [Dawid-Wiese Viljoen, Adriaan Wessels, Gustav Pansegrouw & John Gillmer] verloor 1 – 5
Dogters o/13A: [Klara Maree, Stella Lamprecht, Katia van Wyk & Jeanne van Heerden] verloor 0 – 6. Klara Maree het ‘n uitstekende wedstryd gespeel. Haar enkels het omtrent ‘n uur geduur met 2 wedstrydpunte vir albei. Zane (van Gene Louw) is in die Top 30 van die WP-ranglys en Klara Maree het haar goed laat werk vir haar (Zane) se 6-5 wen.
Gemengde D-span: [Gustav van der Linde, Ané Swanepoel, Stella Pansegrouw & Jan-Willem Silvis] wen 5-1

Table View-liga
Gemengde 1ste span [Daniel Welgemoed, André Marais, Stella Zulch & Anna Louw] wen 6-1
Gemengde 2de span [Hila Hertzog, Emke van Wyk, Nils le Roux & Pierre-Jaque Smit] wen 5-1