O/9 Kriekettoernooi, 8 Feb
Ons O/9 A en B spanne het Vrydagaand, 8 Februarie, aan die Hugo Rust Mini-Kriekettoernooi, wat op Boland Landbouskool se velde plaasgevind het, deelgeneem. Die middag is deur 22 verskillende skole bygewoon. Elke span het 2 wedstryde gespeel. Ons het vir beide spanne sterk opponente gehad, maar dit het ons nie afgeskrik nie. Die O/9 A span het 'n telling van 35 lopies teenoor 29 van Hugo Rust aangeteken, en die span geklop. Die tweede wedstryde het ons teen Worcester Primêr verloor met 11 teenoor ons 8 lopies. Die B span het 'n beter middag gehad en het beide hul wedstryde gewen. Hulle het 38 lopies teen Courtrai se 14 aangeteken en 30 - 11 met Gericke afgereken. John Gillmer is in die derde rondte as speler van die wedstryd geïdentifiseer en het 'n KFC geskenkbewys ontvang. Ons is baie trots op al ons manne en dame! Baie dankie aan al die ouers en familielede wat die middag / aand vir ons kom ondersteun...
Musiekkonsert Gr.2 en Gr.3
Neem asb. kennis dat die musiekkonsert moet skuif. Die saal is nie op 12 Maart beskikbaar nie. Die konsert sal nou as volg plaasvind: Woensdag 13 Maart om 08:15 - Gr.2 Woensdag 13 Maart om 09:15 - Gr.3
Nuusbrief van 8 Februarie 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 8 Februarie 2019 Klasbraai Vrydag, 8 Februarie 2019 Krieket: Hugo Rust Mini-Toernooi, WEG Maandag, 11 Februarie 2019 Sosiale komitee: Valentynsdag verkope Dinsdag, 12 Februarie 2019 Thembela Swartbooi (Terrein) verjaar Dinsdag, 12 Februarie 2019 Gr.4-6 Aardrykskunde assessering Woensdag, 13 Februarie 2019 Gr.5-kamp Woensdag, 13 Februarie 2019 Stef Bos se Valentynskonsert Donderdag, 14 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 BYE Donderdag, 14 Februarie 2019 Toets: Gr.4-6 Aardrykskunde assessering Donderdag, 14 Februarie 2019 Gr.5-kamp Donderdag, 14 Februarie 2019 Toets: Gr.7 Tegnologie Vrydag, 15 Februarie 2019 Gr.5's keer terug van kamp (ongeveer 13:30) Vrydag, 15 Februarie 2019 Atletiek: Distrik Suid Byeenkoms (Blue Downs Athletics stadium) Saterdag, 16 Februarie 2019 Tweekamp Liga 7 Dinsdag, 19 Februarie 2019 Krieketwedstryd: O/9 vs. Herzlia Weizmann Woensdag, 20 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/11 Donderdag, 21 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 Donderdag, 21 Februarie 2019 Gr.4-6 Geskiedenis assessering Vrydag, 22 Februarie 2019 Toets: Gr.7 EBW Vrydag, 22 Februarie 2019 Gr.4 - 6 Geskiedenis assessering Vrydag, 22 Februarie 2019 Gr.4 Studiemetodes Vrydag, 22 Februarie 2019 Gr.1-3 Swemgala Vrydag, 22 Februarie 2019 Swemgala: Kampsbaai, WEG Vrydag, 22 Februarie 2019 Sivvies Saterdag, 23 Februarie 2019 KRIEKET: Mini krieket O/9 A & B WEG (Fanie Theron Primary School, Krige St & Bosman St, Kraaifontein) Saterdag, 23 Februarie 2019 Dapper Stappers: Beaverlac Saterdag, 23 Februarie 2019 Atletiek: WP Atletiekbyeenkoms Saterdag, 23 Februarie 2019 Skaak: Welgemoed Toernooi, WEG >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Klasbraai Ons herinner alle ouers aan ons klasbraai wat vanaand vanaf 18:30 op die Conradieveld sal paalsvind. Die skool sal sorg dat daar genoeg braaidromme en hout vir elke klas...
Jannies vir Jesus
Baie dankie aan al die Jannies, onderwysers en ouers wat vanoggend se eerste samekoms bygewoon het! Die kinders se terugvoer was ongelooflik positief! Ons herinner julle dat almal welkom is. Ons ontmoet elke Donderdagoggend van 07:00 tot 07:40 in die saal. Die kinders kan aansluit soos hulle...
Verlore goedere – Nuwe stelsel
Baie dankie aan Herculine Becker wat haar hand opgesteek het om te help met "Verlore Goedere"! Sy het beslis helpers nodig... Kontak asb. vir Lucia de Jager (lucia@jvrprim.co.za) as jy bereid is om te help. Dit behels twee oggende per week. Die nuwe stelsel gaan as volg werk: Die gemerkte items sal soos gewoonlik tydens Woensdae en Donderdae se registerperiodes deur die graad sesse aan hulle eienaars terugbesorg word. Ongemerkte items word genommer en besonderhede daarvan sal weekliks op ‘n Google Sheet opdateer word. Volg gerus die SKAKEL om te kyk of daar iets is wat aan jou spruit behoort. Items wat deur 'n ouer opgeëis word, sal Woensdae en Donderdae oggende aan die betrokke leerders terugbesorg word. Waar moontlik sal die items eers gemerk word. Items word vir 4 weke op die bladsy gehou waarna dit heraangewend sal word. Moet asseblief nie in die regterkantse verlore goedere kas grawe nie. Alles wat in daardie kas is, is te sien by die skakel hierbo. Merk asb. items met jou kind se NAAM en VAN. Anders is dit regtig moeilik om die eienaar te...
O/9 Krieketuitslae, 5 Feb
Ons O/9 A span het Dinsdag, 5 Februarie, teen Kronendal 'n wedstryd gespeel. Dit het baie goed gegaan, die finale telling was Jan van Riebeeck 33 en Kronendal -1. Ons O/9 A en B span neem more, Vrydag 8 Feb, aan die Mini-Kriekettoernooi van Hugo Rust deel, wat by Boland Landbouskool aangebied word. Ons is seker almal gaan hierdie toernooi baie...
IsiXhosa: Week 2
Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Hier is die week se woorde:
O/11 Krieketuitslae, 6 Feb
Ons 0/11 A krieketspan het Woensdag, 6 Februarie, teen Seepunt gespeel. Seepunt stuur ons in om eerste te kolf en ons teken 100 lopies aan met die verlies van 2 paaltjies .Jan Karsten eindig die beurt met 43, nie uit nie. In die 2de beurt teken Seepunt slegs 23 lopies aan met Jan Karsten wat 3 paaltjies, Sebastian Maree 2 paaltjies en Alexander Rau wat 2 paaltjies laat kantel !Jan van Riebeeck wen dus die wedstryd met 77 lopies.Mooi manne...'n groot verbetering op verlede week se wedstryd...
Liewe Aarde
Baie geluk aan Andree en Gideon van Zyl wat Jannies van die week is. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Plastiek wat slegs een maal gebruik word ,is steeds in die kollig. Hierdie items beland dikwels in die natuur, veral in die oseane. Dit word deur visse geëet en eindig in ons kos op! Kom ons onderneem om altyd ‘n lap inkopiesak byderhand te hê en nooit plastieksakkies by die supermark te koop nie. Het julle gesien dat die Kauai langs ons skool mense aanmoedig om nie onnodig plastiekstrooitjies- of dekseltjies te neem nie? Hulle het ook onlangs hul strooitjies verander na ‘n nie-plastiek...
Eisteddfod: Spraakkuns
Die jaarlikse Kaapse Afrikaanse Eisteddfod vind op 10/11 Mei 2019 by Laerskool Jan van Riebeeck plaas. Die leerders wat belangstel om deel te neem sal elkeen 'n brief ontvang waarop die ouer moet aandui waarin die leerder wil deelneem en waarop die kostes aangedui sal word. Kontant moet asseblief in 'n duidelike gemerkte koevert na die registeronderwyser gestuur word. Inskrywings sluit al Woensdag 13 Februarie 2019. Onthou dat dit wel 'n konsertjaar is en personeel dus nie kan help met afrigting nie, slegs...
Wuppertal-insameling: ‘n Reuse sukses!
Ons Wuppertal uitreikprojek se opkoms het ons asems behoorlik weggeslaan. Laerskool Jan van Riebeeck se leerders en families, sowel as Huppelland en selfs 'n ouetehuis, Panorama Palms, het ingespring om items te versamel vir die gemeenskap wat in sak en as gedompel is. Ons mikpunt was om 'n vragmotor vol liefde en goedere na Wuppertal te stuur en ons het dit bereik! Ons kon op 6 Februarie 2019, 'n "container" propvol klere, meubels, kos en skoonmaakmiddels laai en stuur na die klein dorpie wat dit tans so nodig het. Ons wil net opreg dankie sê vir elke persoon wat 'n bydrae gemaak het, die terreinpersoneel wat so flink gehelp het met die verpakking van die goedere en dan 'n spesiale dankie aan Gerhard Conradie wat vir ons die vragmotor en "container" verskaf het. Jan van Riebeeck het hande gevat en saam 'n reuse verskil gemaak. Hou Die Burger dop vir 'n berig oor die projek, asook Media 24 se webtuiste vir 'n kort...
Tweekamp floreer!
Verlede Saterdag het 18 leerders van Jan van Riebeeck deelgeneem aan die Interprovinsiale byeenkoms te Oudtshoorn. Die byeenkoms bestaan uit WP, Boland, OP, SWD en Grens. Dit was 'n uiters warm dag met donderbuie in die rondte. Die prysuitdeling en bekendmaking van al die wenners was die aand op Highgate Ostrich Farm. Die skool wat die skolekompetisie wen, kry die kans om as skool by die SA byeenkoms deel te neem. In die laerskoolafdeling was daar 20 skole wat deelgeneem het. Dit sluit die volgende skole in: Durbanville, Kenridge, Welgemoed, Curro Langebaan, Olifantsvallei, Paarl Gimnasium, Paarl Seuns, Hugo Rust, Paarl Meisies, Laerskool Knysna, Laerskool Volkskool, Plettenbergbaai, George Suid, Lorraine, Summerwood, Outeniqua, Niko Brummer, Herberd Hurd en Sunridge. Curro Langebaan het 3de geeïndig met 18 786 punte. Die spreker het afgekondig dat daar slegs 70 punte verskil tussen die skool wat eerste en tweede is. Jan van Riebeeck het tweede geeïndig met 19 170 punte en Durbanville eerste met 19 240 punte. Dit is 'n prestasie waarop ons almal uiters trots kan wees. Baie geluk aan al ons atlete wat so pragtig presteer het. Hulle is: Ané Swanepoel, Isabella Marais, Delmar Benecke, Adriaan Wessels, Ruald Naudé, Sophia Liebenberg, Cara Swanepoel, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Albert Griesel, Kian Eksteen, Christian Viljoen, Isabella van der Walt, Mia Nortjé, Mari Swanepoel, Stephan Griesel, John Willcox en Stef Mostert. Ons sal al hierdie atlete volgende jaar dophou en kyk of ons daardie top posisie kan verower. 'n Spesiale woord van dank aan mnr. en mev. Hanekom wat die leerders na Oudtshoorn vergesel...
Mathletics registrasie
Volgens die getalle wat ons ontvang het, sal Mathletics R300 per leerder per jaar beloop. Betaal asb. die geld in die skool se rekening en gebruik u kind se naam en graad as verwysing, bv: Pieter 7D. Stuur asb. bewyse van betaling na leon@jvrprim.co.za. Sodra ek die bewyse ontvang het, sal ek die kind/ers registreer en die nodige inligting...
Nuusbrief van 1 Februarie 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Saterdag, 2 Februarie 2019 Tweekamp: Interprovinsiaal (Oudtshoorn, South Africa) Saterdag, 2 Februarie 2019 Seniorkooroefening 09:00 - 13:00 Saterdag, 2 Februarie 2019 Skaak: Distrik sentraal proewe Sondag, 3 Februarie 2019 Marili Thompson (Finansies) verjaar Woensdag, 6 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/11 vs. Sea Point, TUIS (Jan Van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof) Donderdag, 7 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 vs. Sea Point, TUIS (Jan Van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof) Donderdag, 7 Februarie 2019 Toets: Gr.5 NWT Vrydag, 8 Februarie 2019 Klasbraai Vrydag, 8 Februarie 2019 Gr.5 Studiemetodes Vrydag, 8 Februarie 2019 Toets: Gr.4 & 6 NWT Vrydag, 8 Februarie 2019 Krieket: Hugo Rust Mini-Toernooi, WEG Vrydag, 8 Februarie 2019 Toets: Gr.7 NW Dinsdag, 12 Februarie 2019 Thembela Swartbooi (Terrein) verjaar Dinsdag, 12 Februarie 2019 Gr.4-6 Aardrykskunde assessering Woensdag, 13 Februarie 2019 Gr.5-kamp Woensdag, 13 Februarie 2019 Stef Bos se Valentynskonsert Donderdag, 13 Februarie 2019 Gr.5-kamp Donderdag, 14 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 BYE Donderdag, 14 Februarie 2019 Toets: Gr.7 Tegnologie Donderdag, 14 Februarie 2019 Gr.4-6 Aardrykskunde assessering >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Trots om 'n Kapenaar te wees Ons poog om hierdie jaar die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck te verryk deur blootstelling aan 'n verskeidenheid Kapenaars wat sukses op een op ander manier behaal het, te gee. Ons wil spog met die Mense van Kaapstad en ons leerders inspireer en motiveer om hulself te wees en om sukses op hul eie manier te behaal deur te fokus op die proses eerder as 'n spesifieke eindproduk. Hierdie sprekers sal regdeur die jaar...
IsiXhosa: Week 1
Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Hier is die week se woorde:
Belangrike Datums
augustus 2026