Baie geluk aan Andree en Gideon van Zyl wat Jannies van die week is. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Plastiek wat slegs een maal gebruik word ,is steeds in die kollig. Hierdie items beland dikwels in die natuur, veral in die oseane. Dit word deur visse geëet en eindig in ons kos op! Kom ons onderneem om altyd ‘n lap inkopiesak byderhand te hê en nooit plastieksakkies by die supermark te koop nie.

Het julle gesien dat die Kauai langs ons skool mense aanmoedig om nie onnodig plastiekstrooitjies- of dekseltjies te neem nie? Hulle het ook onlangs hul strooitjies verander na ‘n nie-plastiek tipe.