Baie dankie aan Herculine Becker wat haar hand opgesteek het om te help met “Verlore Goedere”! Sy het beslis helpers nodig… Kontak asb. vir Lucia de Jager (lucia@jvrprim.co.za) as jy bereid is om te help. Dit behels twee oggende per week.

Die nuwe stelsel gaan as volg werk:

Die gemerkte items sal soos gewoonlik tydens Woensdae en Donderdae se registerperiodes deur die graad sesse aan hulle eienaars terugbesorg word.

Ongemerkte items word genommer en besonderhede daarvan sal weekliks op ‘n Google Sheet opdateer word. Volg gerus die SKAKEL om te kyk of daar iets is wat aan jou spruit behoort. Items wat deur ‘n ouer opgeëis word, sal Woensdae en Donderdae oggende aan die betrokke leerders terugbesorg word. Waar moontlik sal die items eers gemerk word. Items word vir 4 weke op die bladsy gehou waarna dit heraangewend sal word.

Moet asseblief nie in die regterkantse verlore goedere kas grawe nie. Alles wat in daardie kas is, is te sien by die skakel hierbo.

Merk asb. items met jou kind se NAAM en VAN. Anders is dit regtig moeilik om die eienaar te vind.