Ons 0/11 A krieketspan het Woensdag, 6 Februarie, teen Seepunt gespeel. Seepunt stuur ons in om eerste te kolf en ons teken 100 lopies aan met die verlies van 2 paaltjies .Jan Karsten eindig die beurt met 43, nie uit nie. In die 2de beurt teken Seepunt slegs 23 lopies aan met Jan Karsten wat 3 paaltjies, Sebastian Maree 2 paaltjies en Alexander Rau wat 2 paaltjies laat kantel !Jan van Riebeeck wen dus die wedstryd met 77 lopies.Mooi manne…’n groot verbetering op verlede week se wedstryd !