Baie dankie aan al die Jannies, onderwysers en ouers wat vanoggend se eerste samekoms bygewoon het! Die kinders se terugvoer was ongelooflik positief! Ons herinner julle dat almal welkom is. Ons ontmoet elke Donderdagoggend van 07:00 tot 07:40 in die saal. Die kinders kan aansluit soos hulle arriveer.