Ons O/9 A span het Dinsdag, 5 Februarie, teen Kronendal ‘n wedstryd gespeel. Dit het baie goed gegaan, die finale telling was Jan van Riebeeck 33 en Kronendal -1. Ons O/9 A en B span neem more, Vrydag 8 Feb, aan die Mini-Kriekettoernooi van Hugo Rust deel, wat by Boland Landbouskool aangebied word. Ons is seker almal gaan hierdie toernooi baie geniet!