Ons O/9 A en B spanne het Vrydagaand, 8 Februarie, aan die Hugo Rust Mini-Kriekettoernooi, wat op Boland Landbouskool se velde plaasgevind het, deelgeneem. Die middag is deur 22 verskillende skole bygewoon. Elke span het 2 wedstryde gespeel. Ons het vir beide spanne sterk opponente gehad, maar dit het ons nie afgeskrik nie.
Die O/9 A span het ‘n telling van 35 lopies teenoor 29 van Hugo Rust aangeteken, en die span geklop. Die tweede wedstryde het ons teen Worcester Primêr verloor met 11 teenoor ons 8 lopies. Die B span het ‘n beter middag gehad en het beide hul wedstryde gewen. Hulle het 38 lopies teen Courtrai se 14 aangeteken en 30 – 11 met Gericke afgereken. John Gillmer is in die derde rondte as speler van die wedstryd geïdentifiseer en het ‘n KFC geskenkbewys ontvang.
Ons is baie trots op al ons manne en dame! Baie dankie aan al die ouers en familielede wat die middag / aand vir ons kom ondersteun het.