Die jaarlikse Kaapse Afrikaanse Eisteddfod vind op 10/11 Mei 2019 by Laerskool Jan van Riebeeck plaas. Die leerders wat belangstel om deel te neem sal elkeen ‘n brief ontvang waarop die ouer moet aandui waarin die leerder wil deelneem en waarop die kostes aangedui sal word. Kontant moet asseblief in ‘n duidelike gemerkte koevert na die registeronderwyser gestuur word.

Inskrywings sluit al Woensdag 13 Februarie 2019. Onthou dat dit wel ‘n konsertjaar is en personeel dus nie kan help met afrigting nie, slegs afronding.