Verlede Saterdag het 18 leerders van Jan van Riebeeck deelgeneem aan die Interprovinsiale byeenkoms te Oudtshoorn. Die byeenkoms bestaan uit WP, Boland, OP, SWD en Grens. Dit was ‘n uiters warm dag met donderbuie in die rondte.

Die prysuitdeling en bekendmaking van al die wenners was die aand op Highgate Ostrich Farm. Die skool wat die skolekompetisie wen, kry die kans om as skool by die SA byeenkoms deel te neem. In die laerskoolafdeling was daar 20 skole wat deelgeneem het. Dit sluit die volgende skole in: Durbanville, Kenridge, Welgemoed, Curro Langebaan, Olifantsvallei, Paarl Gimnasium, Paarl Seuns, Hugo Rust, Paarl Meisies, Laerskool Knysna, Laerskool Volkskool, Plettenbergbaai, George Suid, Lorraine, Summerwood, Outeniqua, Niko Brummer, Herberd Hurd en Sunridge.

Curro Langebaan het 3de geeïndig met 18 786 punte. Die spreker het afgekondig dat daar slegs 70 punte verskil tussen die skool wat eerste en tweede is. Jan van Riebeeck het tweede geeïndig met 19 170 punte en Durbanville eerste met 19 240 punte. Dit is ‘n prestasie waarop ons almal uiters trots kan wees.

Baie geluk aan al ons atlete wat so pragtig presteer het. Hulle is:
Ané Swanepoel, Isabella Marais, Delmar Benecke, Adriaan Wessels, Ruald Naudé, Sophia Liebenberg, Cara Swanepoel, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Albert Griesel, Kian Eksteen, Christian Viljoen, Isabella van der Walt, Mia Nortjé, Mari Swanepoel, Stephan Griesel, John Willcox en Stef Mostert.

Ons sal al hierdie atlete volgende jaar dophou en kyk of ons daardie top posisie kan verower. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. en mev. Hanekom wat die leerders na Oudtshoorn vergesel het.