Netbalwedstryde teen Monte Vista, 14 Augustus

Hierdie jaar is slegs sekere skole se uitslae geldig vir die bepaling van die ligawedstryde. Die geldige skole vir die ligauitslae is: Goodwood Park, Table View, Curro Durbanville en Monte Vista. Die ander skole se wedstryde word as vriendskaplik gesien. Ons het Woensdag, 14 Augustus dus ons laaste ligawedstryde gespeel. Die uitslae is soos volg: O/9 A wen 10-1 O/10 A wen 11-0; O/10 B wen 7-1 O/11 A wen 24-2; O/11 B wen 10-1 O/12 A wen 8-4; O/12 B verloor 2-4 O/13 A wen 38-3; O/13 B wen 4-0 Baie geluk aan die O/11 A en O/13 A spanne wat AL hul ligawedstryde hierdie seisoen gewen het. Hulle staan 'n baie goeie kans om nou deur te gaan na die volgende uitspeel ronde om dit moontlik tot by die CTPS (WP) Netbal se finaal te...

Netbaluitslae teen Curro Durbanville, 13 Augustus

Nadat ons wedstryde teen Curro Durbanville uitgestel is na Dinsdag, 12 Augustus, het die meeste van die spanne 'n baie goeie middag gehad. Die uitslae is soos volg: O/9 A wen 6-3; O/9 B gelyk 3-3 O/10 A wen 13-1; O/10 B wen 6-0 O/11 A wen 9-2; O/11 B wen 8-0 O/12 A verloor 2-14 O/13 A wen 27-12; O/13 B wen...

Rugby en netbaluitslae teen Welgemoed, 12 Augustus

Ons netbalspanne het hierdie week verseker netbal gespeel dat dit by hul ore uitkom. Ons eerste wedstryde vir die week het Maandag, 12 Augustus, by Laerskool Welgemoed saam met die rugby plaasgevind. Hierdie was 'n unieke middag omdat beide sportkodes op een plek gespeel het. Baie dankie vir almal se ondersteuning en veral rugby-ouers se geduld met die vuil modder voetjies in hul voertuie op pad huis toe. Rugbyuitslae: O/7 A verloor 0-10; O/7 B wen 2-1 O/8 wen 3-1 O/9 A verloor 0-3; O/9 B verloor 1-5 O/11 A verloor 5-30 O/13 A verloor 0-45 Netbaluitslae: O/9 A verloor 3-10; O/9 B verloor 1-9 O/10 A wen 5-3; O/10 B verloor 6-7 O/12 A verloor 4-20 vs. Welgemoed B; O/12 B verloor 1-12 vs. Welgemoed C O/13 A verloor 15 - 23; O/13 B wen...

Trotse Jannie

Naam en van: Lillian Lekota Graad: 3S Waar woon jy?: Tamboerskloof Gunsteling vak: Ek geniet dit om te teken, so kuns is my gunsteling vak. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek werk hard daaraan om mooi te kan teken. Ek hou baie van my nuwe laerskool, want al my maats is vriendelik. Wanneer ek groot is, wil ek graag ‘n dokter word sodat ek mense kan gesond...

isiXhosa: week 15

isiXhosa: week 15

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

Kooroptrede

Albei kore sing eerskomende Woensdagaand by Woodbridge Primary in Milnerton. Dis die eerste skool langs Marine rylaan, NA Paarden Eiland. Adres: 7 Union Rd, Milnerton. Die Juniorkoor moet om 18:15 aanmeld en die Seniorkoor om 17:30, as dit moontlik is, om vir die massakoor te oefen. Die program begin om 19:00 en sal ongeveer teen 21:15 klaar wees. Onthou, die verkeer in die laatmiddag uit die stad in daardie rigting is ERG...ry vroeg. Indien daar ouers is wat met toesig kan help, sal dit baie waardeer word. Verdere detail oor die aand sal teen Maandag per brief aan koorlede gekommunikeer...

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannies van die week, Inathi en Onela Roxo in Graad 3S & Graad 6B. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Tekstiel-afval is besig om 'n groot probleem te word - nie net omdat dit stortingsterreine vol maak nie, maar ook omdat soveel water, energie en plantmateriaal gebruik word om tekstiel te vervaardig. Die "Odd Socks" -projek bied 'n oplossing hiervoor: hulle aanvaar skenkings van kouswesies. Enkel-sokkies wat wees uit die wasmasjien kom, of van die skool af kom, word geskenk aan die "Odd Socks" -projek wat ‘n pasmaat van dieselfde grootte en materiaal soek. So word kouswesies onpaar kouspare, wat dan aan hawelose mense versprei word. Volg die SKAKEL om jou naaste aflaaiplek te...

Konsert 2019

Huis Paleis into Outer Space... Kaartjies vir die konsert kan vanaf 14 Augustus om 19:06 op Quicket gekoop word. Enige navrae kan gerig word aan Esna Boshoff by esnaboshoff@gmail.com of per whatsapp by 082 427 1132.

Johan Symington presteer by tennistoernooi

Baie geluk aan Johan Symington! Hy het op Vrydag, 9 Augustus, die Silverplaat afdeling van die Boland Wilsons Toernooi gewen. Hy het in die finale wedstryd sy opponet 4-0 gewen en 'n goue medalje verower. Dis 'n wonderlike prestasie, baie geluk!

Bekers terug

Alle bekers wat by die prysuitdeling, atletiek en swem gegee is, moet nou terugkom skool toe. Bekers moet soos volg gegraveer word: 1) Prysuitdeling-bekers: 2018 en leerder se noemnaam en van bv. 2018 Jan du Toit 2) Atletiek-bekers: 2019 (l.w. NIE 2018 NIE!) en leerder se noemnaam en van bv. 2019 Jan du Toit 3) Swem-bekers: 2019 en die leerder se noemnaam en van bv. 2019 Jan du Toit • Ouers is verantwoordelik vir gravering en graveringskoste. • Gravering kan by Premier Shoes, Kloofstraat 155, gedoen word. Alle bekers terug in die biblioteek (nie by klasonderwyser of sekretaresse nie, asb.) teen Donderdag, 15 Augustus. Baie dankie, NAVRAE:...

Klavier Eisteddfod

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend met klavier en blokfluit by die Eisteddfod gevaar het: Ben Terblanche: 83% en 85% Liezel Snijders : 78%, 80% en 83% (Blokfluit) Mia Vorster : 82% (Dwarsfluit) Philip van Rooyen : 94% Jana van Rooyen : 77% en 85% Neena Lonte : 87% en 88% Leila Lonte : 75% en 80% Katrien Stimie 86% en 88% Mari Swanepoel : 72% Leah de Kock : 95% Jacomien van der Westhuizen : 74% en 79% Katia van Wyk : 88% Anik Louw : 93% Cara Swanepoel : 82% Emke van Wyk : 86% Lara Basson : 83% Linden Murray: 84%, 88%, 88%, 93% Jan Karsten : 86% en 90% Layla Erasmus : 74% en 77% Ons is baie trots op...

Hoërskool tutorklasse

Ongelukkig sal daar vanaf hierdie week geen tutorklasse wees wat deur die hoërskoolleerders aangebied word nie. Die hoërskool se eksamen is om die draai.

Tweekampseisoen amper op ons

Met die winterseisoen wat amper op sy einde is, is dit weer tyd dat die tweekampseisoen begin. Met die eerste byeenkoms, die winterbyeenkoms op 24 Augustus, is dit 'n goeie aanduiding dat die seisoen amper begin. Die eerste ligabyeenkoms is Satedag 14 September. Enige leerder wat graag hierdie seisoen aan tweekamp wil deelneem (dit sluit die leerders wat reeds deelneem in), moet 'n e-pos stuur aan leon@jvrprim.co.za wat aandui dat hulle graag wil deelneem. Indien jy enige vrae het kan jy dit deel maak van die e-pos. Tweekamp bestaan uit hardloop en swem. Elke ouderdomsgroep het veskillende afstande wat gehardloop en -swem word. Alle liga-byeenkomste vind op Saterdae plaas. Vir 'n volledige lys van byeenkomste kan julle HIER kliek. Ons sien uit na 'n heerlike...

BSC 7’s Toernooi

Saterdag, 31 Augustus vind ons jaarlikse Bree Street Capital 7's toernooi plaas op die Conradieveld. Die doel is om die rugbyseisoen op 'n prettige manier af te sluit. Hierdie toernooi is slegs vir 0/11 en 0/13's en slegs 10 spelers per span neem deel. Die spelers wat op die dag speel, sal volgende week bekend gemaak word. Die deelnemende skole is: Milnerton, Hamiltons, Kronendal, Kampsbaai, Parklands en Jan van Riebeeck. Ons sien reeds uit na hierdie geleentheid en almal is welkom om die spanne te kom...

Nuusbrief van 8 Augustus 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Donderdag, 8 Augustus 2019 GEEN Buitemuurs a.g.v. langnaweek Donderdag, 8 Augustus 2019 Wiskunde Kamp Vrydag, 9 Augustus 2019 Nasionale Vrouedag Vrydag, 9 Augustus 2019 Vakansiedag Maandag, 12 Augustus 2019 Eisteddfod Klavier Maandag, 12 Augustus 2019 Rugby: Vriendskaplik vs. Welgemoed (WEG) Maandag, 12 Augustus 2019 Netbal: Vriendskaplik vs. Welgemoed (WEG) Woensdag, 14 Augustus 2019 Rugby: Liga wedstryde Woensdag, 14 Augustus 2019 Netbal: Liga wedstryde Donderdag, 15 Augustus 2019 Toets: Gr.4 NWT Donderdag, 15 Augustus 2019 Wow Spelkompetisie - kringkompetisie Vrydag, 16 Augustus 2019 Gr.4 Uitstappie na Waterfront Vrydag, 16 Augustus 2019 Toets: Gr.5 - 6 NWT Vrydag, 16 Augustus 2019 Toets: Gr.7 NW Saterdag, 17 Augustus 2019 SPORTDAG:Dirkie Uys (Weg) Saterdag, 17 Augustus 2019 Landloop: WP Champs Sondag, 18 Augustus 2019 Beulah Matthews (Snoepie) verjaar Maandag, 19 Augustus 2019 Rugby: Vriendskaplik vs. Panorama Maandag, 19 Augustus 2019 Netbal: Vriendskaplik vs. Parklands (WEG) Woensdag, 21 Augustus 2019 Rugby: Vriendskaplik GEKANSELLEER Woensdag, 21 Augustus 2019 Weskus koorfees Woensdag, 21 Augustus 2019 GEEN Buitemuurs Donderdag, 22 Augustus 2019 Skaak: O/13 Ligawedstryd vs. Forres (WEG) (24 Park Road, Rondebosch) >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Sekuriteit by die skool en nuwe reëlings rakende die op- en aflaai van leerders Op 'n beheerraadsvergadering wat op Maandag 5 Augustus plaasgevind het, is die volgende besluite geneem wat vanaf Maandag 12 Augustus in werking tree. Hierdie reëlings word getref vir die veiligheid van julle kinders. Ons weet dat dit vir julle 'n ontwrigting en frustrasie kan veroorsaak, maar daar het verlede Vrydagmiddag 'n insident op ons skoolterrein plaasgevind wat ons genoodsaak het om...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor