Met die winterseisoen wat amper op sy einde is, is dit weer tyd dat die tweekampseisoen begin. Met die eerste byeenkoms, die winterbyeenkoms op 24 Augustus, is dit ‘n goeie aanduiding dat die seisoen amper begin.

Die eerste ligabyeenkoms is Satedag 14 September. Enige leerder wat graag hierdie seisoen aan tweekamp wil deelneem (dit sluit die leerders wat reeds deelneem in), moet ‘n e-pos stuur aan leon@jvrprim.co.za wat aandui dat hulle graag wil deelneem. Indien jy enige vrae het kan jy dit deel maak van die e-pos.

Tweekamp bestaan uit hardloop en swem. Elke ouderdomsgroep het veskillende afstande wat gehardloop en -swem word. Alle liga-byeenkomste vind op Saterdae plaas. Vir ‘n volledige lys van byeenkomste kan julle HIER kliek. Ons sien uit na ‘n heerlike seisoen!