Baie geluk aan ons Jannies van die week, Inathi en Onela Roxo in Graad 3S & Graad 6B. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Tekstiel-afval is besig om ‘n groot probleem te word – nie net omdat dit stortingsterreine vol maak nie, maar ook omdat soveel water, energie en plantmateriaal gebruik word om tekstiel te vervaardig. Die “Odd Socks” -projek bied ‘n oplossing hiervoor: hulle aanvaar skenkings van kouswesies. Enkel-sokkies wat wees uit die wasmasjien kom, of van die skool af kom, word geskenk aan die “Odd Socks” -projek wat ‘n pasmaat van dieselfde grootte en materiaal soek. So word kouswesies onpaar kouspare, wat dan aan hawelose mense versprei word. Volg die SKAKEL om jou naaste aflaaiplek te kry.