Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Donderdag, 8 Augustus 2019 GEEN Buitemuurs a.g.v. langnaweek

Donderdag, 8 Augustus 2019 Wiskunde Kamp

Vrydag, 9 Augustus 2019 Nasionale Vrouedag

Vrydag, 9 Augustus 2019 Vakansiedag

Maandag, 12 Augustus 2019 Eisteddfod Klavier

Maandag, 12 Augustus 2019 Rugby: Vriendskaplik vs. Welgemoed (WEG)

Maandag, 12 Augustus 2019 Netbal: Vriendskaplik vs. Welgemoed (WEG)

Woensdag, 14 Augustus 2019 Rugby: Liga wedstryde

Woensdag, 14 Augustus 2019 Netbal: Liga wedstryde

Donderdag, 15 Augustus 2019 Toets: Gr.4 NWT

Donderdag, 15 Augustus 2019 Wow Spelkompetisie – kringkompetisie

Vrydag, 16 Augustus 2019 Gr.4 Uitstappie na Waterfront

Vrydag, 16 Augustus 2019 Toets: Gr.5 – 6 NWT

Vrydag, 16 Augustus 2019 Toets: Gr.7 NW

Saterdag, 17 Augustus 2019 SPORTDAG:Dirkie Uys (Weg)

Saterdag, 17 Augustus 2019 Landloop: WP Champs

Sondag, 18 Augustus 2019 Beulah Matthews (Snoepie) verjaar

Maandag, 19 Augustus 2019 Rugby: Vriendskaplik vs. Panorama

Maandag, 19 Augustus 2019 Netbal: Vriendskaplik vs. Parklands (WEG)

Woensdag, 21 Augustus 2019 Rugby: Vriendskaplik GEKANSELLEER

Woensdag, 21 Augustus 2019 Weskus koorfees

Woensdag, 21 Augustus 2019 GEEN Buitemuurs

Donderdag, 22 Augustus 2019 Skaak: O/13 Ligawedstryd vs. Forres (WEG) (24 Park Road, Rondebosch)

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Op ‘n beheerraadsvergadering wat op Maandag 5 Augustus plaasgevind het, is die volgende besluite geneem wat vanaf Maandag 12 Augustus in werking tree. Hierdie reëlings word getref vir die veiligheid van julle kinders. Ons weet dat dit vir julle ‘n ontwrigting en frustrasie kan veroorsaak, maar daar het verlede Vrydagmiddag ‘n insident op ons skoolterrein plaasgevind wat ons genoodsaak het om ons sekuriteit op te skerp en ander veiligheidsmaatreëls in werking te stel. Ons advies is dat die skool se veiligheid baie verbeter indien ons slegs een ingang het wat gebruik word en verkieslik nie uit Kloofstraat nie.

Die nuwe reëlings dan as volg:

1) Die voorste hek (Kloofstraat) kan slegs gebruik word deur ouers tussen 8.15 en 13.00 wanneer die agterste hek (Nuwe Kerkstraat) gesluit sal wees. Julle moet ook dan inteken in die besoekersboek.

2) Tussen 6.30 en 8.15 en weer vanaf 13.00 tot 17.30 moet alle ouers die agterste hek gebruik, ook waar ouers kinders kom haal wat by Nasorg is.

3) Die voetganghekkie uit Kloofstraat kan wel vanaf 07.00 tot 17.30 gebruik word.

Ons doen weer ‘n beroep dat julle alle skoolklere moet merk. Indien ‘n verlore item gemerk is, word dit BY die kind se klas afgelewer deur die graad sesse. Die onderwysers gaan voortaan in die klas kontroleer of items gemerk is. Ons het regtig julle samewerking nodig!

---

NUUTSTE NUUS

Baie dankie vir die mooi bywoning van die Tafelberg Koorfees verlede week. Ons was behoorlik trots op ons 2 kore.

Albei kore neem weer deel aan die Weskus Koorfees. Dit vind op Woensdag 21 Augustus by Woodbridge Primary School in Milnerton plaas. Kaartjes teen R50 elk is op die Karri app te koop. Ons het slegs ‘n beperkte aantal kaartjies per koor gekry. Gou spring!!

Die eerste ronde van die Wow-Spelkompetisie vind volgende Donderdag, 15 Augustus, by ons plaas. Baie geluk aan die volgende kinders wat gekies is om Jan van Riebeeck te verteenwoordig! Baie sterkte!

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Baie geluk aan ons Jannies van die week, Mila en Lula Joubert in Graad 4VDV & Graad 1DJ. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Herwinningswenke: Herwinning is broodnodig, maar ons moet dit reg doen. So, onthou die volgende reëls vir ons depot (kyk ook HIER op ons webwerf vir meer volledige inligting):

Slegs skoon items kan na die depot gebring word, so was alles uit voordat jy herwin.

As daar nie ‘n nommer onderaan ‘n plastiek item is nie, is die item nie herwinbaar nie.

Baie plastiekhouers wat ‘n 1 of PET op het, kan nie herwin word nie. Gooi slegs plastiekbottels in die houer vir 1 en 2.

Verwyder doppies van plastiek- en wynbottels. Plastiekdoppies gaan in die wieldrom, en wyn se skroefdoppies hoort in die metaal-houer, saam met foeliebakkies en die metaaldeksels van glashouers.

Net platgetrapte riffelkarton kan in die groot kartonhouers gegooi word.

Gladde karton moet saam met papier, koerante, tydskrifte en pamflette in die groen igloos gegooi word.

AKADEMIE

Kontak asseblief vir Marinda Brink marinda@jvrprim.co.za indien jy van ‘n tutor en/of aflosonderwyser weet waarvan die skool gebruik kan maak.

omgeëllie

Definisie: omgekrap of geïrriteerd

Sin: My juffrou raak omgeëllie as ons gesels wanneer ons moet werk.

Wenners: Ntandane Samson (Gr.5JvR) en Tara Mapoe (Gr.5JvR)

Christiaan Boshoff (Gr.6W) het hierdie week se woord voorgestel.

isiXhosa: week 14

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

SPORT

Ons atlete het Vrydag, 2 Augustus, by Laerskool Kirstenhof aan ‘n landloopwedloop deelgeneem. Hier volg die uitslae.

o/7: Samuel Groenewald – 22ste; Nicolas Marais – 33ste

o/8: Delmar Benecke – 10de; Jana Olivier – 8ste; Lili Ann Blomerus – 11de

o/9: Marais Groenewald – 32ste; Andre Marais – 37ste

o/11: Leah Maritz – 42ste

o/12: *Scarlett van der Merwe – 3de

Ons wil veral vir Scarlett van der Merwe hartlik gelukwens, sy ontvang ‘n medalje vir haar 3de plek en gaan deur na die WP Kampioenskappe op 17 Augustus!!

Op Vrydag, 26 Julie, het daar slegs dogters aan die landloopwedloop by Sun Valley in Vishoek deelgeneem. Die uitslae lyk soos volg:

O/8: Jana Olivier – 16de; Lili Ann Blomerus – 20ste

O/11: Leah Maritz – 43ste

O/12: *Scarlett van der Merwe – 3de….uitstekend!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Human kindness has never weakened the stamina or softened the fiber of a free people. A nation does not have to be cruel to be tough.”

– Franklin D. Roosevelt

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209