Saterdag, 31 Augustus vind ons jaarlikse Bree Street Capital 7’s toernooi plaas op die Conradieveld. Die doel is om die rugbyseisoen op ‘n prettige manier af te sluit. Hierdie toernooi is slegs vir 0/11 en 0/13’s en slegs 10 spelers per span neem deel. Die spelers wat op die dag speel, sal volgende week bekend gemaak word.

Die deelnemende skole is: Milnerton, Hamiltons, Kronendal, Kampsbaai, Parklands en Jan van Riebeeck.

Ons sien reeds uit na hierdie geleentheid en almal is welkom om die spanne te kom ondersteun.