Hierdie jaar is slegs sekere skole se uitslae geldig vir die bepaling van die ligawedstryde. Die geldige skole vir die ligauitslae is: Goodwood Park, Table View, Curro Durbanville en Monte Vista. Die ander skole se wedstryde word as vriendskaplik gesien. Ons het Woensdag, 14 Augustus dus ons laaste ligawedstryde gespeel.
Die uitslae is soos volg:
O/9 A wen 10-1
O/10 A wen 11-0; O/10 B wen 7-1
O/11 A wen 24-2; O/11 B wen 10-1
O/12 A wen 8-4; O/12 B verloor 2-4
O/13 A wen 38-3; O/13 B wen 4-0
Baie geluk aan die O/11 A en O/13 A spanne wat AL hul ligawedstryde hierdie seisoen gewen het. Hulle staan ‘n baie goeie kans om nou deur te gaan na die volgende uitspeel ronde om dit moontlik tot by die CTPS (WP) Netbal se finaal te maak.