Albei kore sing eerskomende Woensdagaand by Woodbridge Primary in Milnerton. Dis die eerste skool langs Marine rylaan, NA Paarden Eiland.

Adres: 7 Union Rd, Milnerton.

Die Juniorkoor moet om 18:15 aanmeld en die Seniorkoor om 17:30, as dit moontlik is, om vir die massakoor te oefen. Die program begin om 19:00 en sal ongeveer teen 21:15 klaar wees. Onthou, die verkeer in die laatmiddag uit die stad in daardie rigting is ERG…ry vroeg.

Indien daar ouers is wat met toesig kan help, sal dit baie waardeer word.
Verdere detail oor die aand sal teen Maandag per brief aan koorlede gekommunikeer word.