Klasbraai – Vrydagaand
Ons herinner alle ouers aan ons klasbraai wat hierdie Vrydagaand vanaf 18:30 op die Conradieveld sal plaasvind. Die skool sal sorg dat daar genoeg braaidromme en hout vir elke klas sal wees, maar al die ander dinge moet julle asseblief self saambring. Jy moet dus self 'n rooster, 'n lamp, glase, eetgerei, stoele, komberse, drink- en eetgoed, ensovoorts saambring. Ek is seker daar sal genoeg braaiers, helpers en skinkers wees vir al die enkelouers, maar veral vir die enkelma's... so jy hoef regtig nie die geleentheid mis te loop omdat jy nie kan braai...
Beheerliggaam: Tussenverkiesing
Kees Snijders het bedank as beheerliggaamslid (hy het nou by Hoërskool Jan van Riebeeck se BR betrokke geraak) en daarom het ons dus 'n vakature as verkose ouerlid beskikbaar. Die beheerliggaam het intussen vir Esri Marais as lid gekoöpteer aangesien sy al vir 'n geruime tyd die BR met regsadvies bystaan. Die verkiesing sal op Woensdag, 8 April, om 19:00 in ons skoolsaal plaasvind. Kliek HIER vir die verkiesingsvergadering kennisgewing en HIER vir die...
Swemgala, 28 Feb.
Eerskomende Vrydag sal die swemgala vir Gr. 1 tot 3 in ons swembad plaasvind. Dit sal om 09:00 begin en behoort teen 12:00 afgehandel te wees. Indien die gala voor 13:00 klaar is en die leerder se ouer/s, aupair of voog by die gala is, kan hulle die leerder by sy/haar juffrou se klas gaan haal en vroeër huis toe neem. Die leerder moet egter na die gala eers na sy/haar klas toe gaan, anders weet die onderwyser nie wie saam met sy/haar ouer/s huis toe is nie. Leerders wat nie gaan swem nie moet met somerskooldrag skool toe kom. Die privaat buitemuurse aktiwiteite gaan soos normaal...
Klinieke en registrasie vir Winter buitemuurse program.
Ons somer buitemuurse oefenprogram kom op Vrydag, 6 Maart, tot 'n einde en ons wil in die volgende week met die voorbereiding vir die winterprogram begin. Ons het twee maatskappye genader om vir AL ons kinders klinieke te kom aanbied. Die program werk nou so uit dat ons dit gedurende skoolure gaan doen. Hierdie sessies is vir alle dogters en seuns in die graad, ongeag of hulle aan netbal / rugby gaan deelneem. Ons (die skool) betaal per leerder en die gedagte is dat almal dit bywoon. Dit integreer met die LO-program en help om die kinders se motoriese vaardighede en spiertonus te ontwikkel wat vir hulle tot voordeel in die akademiese klas is. Hulle sal die klinieke bywoon en dan weer terugkeer na akademiese klasse. Leerders sal op die onderskeie dae met hul LOklere skool toe kom. Netbal sal deur die WPNA (Pienk tannies) aangebied word op die skool se bane. Rugby word deur Tag Rugby SA aangebied, m.a.w geen kontak, op die Conradieveld. Ons sal die leerders aanry en terugbring. Ons sal weer op 'n ander geleentheid die hokkieklinieke skep. 9- 12 Maart klinieke: 9 Maart = O/13 (Gr.7) leerders 09: 00- 11:00 10 Maart = O/9 - O/10 (Gr.3 + 4) 09:00 - 11:30 11 Maart = O/11 - O/12 (Gr.5 + 6) 09:00 - 11:30 12 Maart = O/7 - O/8 (Gr.1 + 2) 09:00 - 11:00 Ons begin volstoom met die winterprogram in kwartaal 2 op 6 April. Ons wil graag verseker dat ons sisteme vir kommunikasie en beplanning vir die winter buitemuurse groepe vroegtydig saamgestel is en vra dat ouers asb. hul kind/ers...
Ons benodig ouers met naaldwerkvaardighede
HELP! Die juniorspelers verdrink in hul netbalbibs. Ons is opsoek na 'n vlink naaldwerker om ons netbalbibs vir ons kleiner te maak. Indien jy self beskikbaar is of vir ons na iemand kan verwys, kontak asb. die sportkantoor, sport@jvrprim.co.za
Ons is trots op ons taal
Dit het onder ons aandag gekom dat ons kinders al hoe minder Afrikaans as geselstaal gebruik. Dit het ‘n negatiewe impak op ons kinders se algemene vaardighede in Afrikaans. Ek het ‘n bietjie onder die kinders gaan navorsing doen hoekom hulle liewer Engels praat en hul redes het my verbaas. Tydens hierdie week se saalbyeenkoms het ek die twee hoofredes mét my teenargumente met hulle bespreek. Dit is ongelooflik dat verskeie kinders vir my gesê het: “Juffrou, dit pla my ook!” 1) “Dit is cool om Engels te praat!” (Vir ingeval jy wonder, “cool” is in die HAT) Twintig persent van die wêreld se populasie kan Engels verstaan terwyl minder as een persent Afrikaans kan verstaan. So wat ís nou die “coolste” taal? Beslis Afrikaans! 2) “My maat verstaan beter Engels, so ek help hom/haar.” Jou maat is in ‘n Afrikaanse skool waar al die assesserings (behalwe Engels) in Afrikaans afgelê word. Indien jy dus jou maat wil help, help hom/haar om sy/haar Afrikaans te verbeter deur suiwer Afrikaans te praat. Die graad sesse het blink planne en beoog om speel-speel ander tale op ons speelgrond te beperk. In die proses gaan hulle sommer die Jannies se taalkennis uitbrei! Die eerste plan is om idiome uit te deel. Indien hulle hoor iemand praat ‘n ander taal, gaan hulle vir die persoon/groep ‘n idioom gee. Vir die gr.1-2 leerders gaan hulle verduidelik wat die idioom beteken en die ouer kinders moet die betekenis van die idioom gaan uitvind en terugvoering gee. Ons maak staat op julle as ouers se ondersteuning. Gesels sommer hieroor by die huis ook en help ons...
JvR Waardes
Jannies Talent
Maak 'n nota van die heerlike gesinsaand. Ons leerders kry die aand 'n geleentheid om te kom spog met hulle talente. Die kaartjies is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders en sal by die deure te koop wees. Kom vier die einde van die kwartaal met 'n lekker pret-aand. Indien daar nog leerders is wat wil deelneem, kontak juf. Helecia. Jy het tyd tot 6 Maart om in te...
Musiekkonserte
Ons musiekleerders hou konsert! Vrydag, 13 Maart 08:30 - Gr.2 (en moontlike Gr.1's) 10:30 - Gr.3 Almal is welkom om dit by te woon.
Hoërskool Tutors
Slegs enkele ouers het reageer op verlede week se plasing: Ons het verlede jaar met 'n program begin waar leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck ons leerders bystaan met huiswerk. Die klasse is oop vir enige Gr.5-7 leerders wat daarby baat sal vind en is gratis. Die klasse sal op 'n Woensdagmiddag direk na skool (14:20-15:10) plaasvind. Stuur asb. vir Lucia de Jager lucia@jvrprim.co.za 'n e-pos indien jy graag jou kind wil inskryf. Gryp die geleentheid...
Nege atlete gaan deur na die WP-byeenkoms
Baie dankie aan almal wat gister die wind en stof aangedurf het om ons atlete te kom ondersteun by die Distrikbyeenkoms by Vygieskraal in Athlone. Ons het 22 atlete gehad wat die dag in die wind deelgeneem het. Meeste van die wedlope moes die atlete teen die wind en hul opponente hardloop. Baie geluk aan nege van ons atlete wat deurgedring het om volgende Vrydag aan die WP byeenkoms , 28 Februarie, in die Paarl deel te neem. Ons atlete is Klara Steyn, Sebastian Senekal, Heloise Strauss, Danny Newton, Fredrich Erasmus, Johann Loubser, Scarlett van der Merwe, Lara-Lisa Senekal en Nehemia Rosen. Baie dankie ook aan al die onderwysers wat hul klasse vir die dag gelos het om dinge bietjie vinnger te laat verloop. Julle is...
OOV kommunikasie
Die skool het altyd ouers die opsie gegee om te kies of hulle OOV kommunikasie wil ontvang of nie. Heelwat ouers het steeds nie aangedui of hulle die kommunikasie wil ontvang of nie, wat beteken dat party gesinne glad nie OOV kommunikasie ontvang nie. Dit is egter belangrik dat hierdie kommunikasie by elke gesin uitkom. Ons het dus besluit om OOV kommunikasie hierdie jaar aan alle ouers te stuur. Minstens een ouer per gesin moet asb. die e-posse wat uitgaan,...
2020 Veiling Fondsinsameling
Die jaar is reeds lekker aan die gang, en so ook bedrywighede rondom die JvR Laerskool Opvoedingstrust! Dis met groot opgewondenheid dat ons ouers, familie en vriende uitnooi na die 2020 Veiling Fondsinsameling wat op Saterdag, 16 Mei, aangebied sal word. Kaartjies is vanaf vandag by QUICKET beskikbaar. Die ikoniese en majestueuse Sentrum vir die Boek, in Koningin Victoria-straat, langs die Kompaniestuin, is waar dit alles sal gebeur: ’n eersteklas ete, uitsoekwyne, veilinglotte om oor huis toe te skryf, en ’n hele paar vars vermaakverrassings. Die Veiling is vir meer as twee dekades reeds ’n onmisbare deel van die skool en gemeenskap se trotse, en dankbare, tradisie van wedersydse betrokkenheid. Dit het ’n gegewe geword op die skoolkalender, en ’n glansgeleentheid waarna wyd uitgesien word. Dit is na aanleiding van Veiling-opbrengs dat die Trust gestig is, en sedert 2017, is dit ’n volwaardige en finansieel ’n essensiële, Trust-inisiatief. Die veiling-lotte, waarvan daar vanjaar 30 sal wees, is ’n uiteeenlopende en eksklusiewe versameling bydraes, van alumni en ouers, vriende en familie sowel as die omliggende besigheidsgemeenskap en welwillende ondersteuners oor die wêreld. En daar is altyd iets vir almal. Vanjaar se katalogus sal veral gekenmerk word deur ’n groot versameling kuns, eksklusiewe ‘experiences’ en unieke kombinasie-lotte. Die katalogus sal vanaf 1 Mei aanlyn beskikbaar wees, en as glansbrosjure op die aand. Maak vanjaar dié jaar. Kom beleef een van die skool se bes bekende en mees eksklusiewe fondsinsameling geleenthede. Veiling 2020. BESPREEK...
Hoërskool Tutors
Ons het verlede jaar met 'n program begin waar leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck ons leerders bystaan met huiswerk. Die klasse is oop vir enige Gr.5-7 leerder wat daarby baat sal vind en is gratis. Die klasse sal op 'n Woensdagmiddag direk na skool (14:15-15:15) plaasvind. Stuur asb. vir Lucia de Jager lucia@jvrprim.co.za 'n e-pos indien jy graag jou kind wil inskryf. Verdere reëlings sal getref word sodra ons weet hoeveel kinders en tutors daar sal wees. Gryp die geleentheid...
Woord van die week 87
Hierdie week is daar 3 wenners vir Woord van die week. Al 3 wenners het die spyker op die kop geslaan met hul inskrywings en ons kon sien dat hulle presies weet wat die woord beteken. Woord van die week 87: fiemies Definisie: Sophie Wasserman (Gr.4) sê dit is wanneer ‘n mens vol nonsens is. Calla van Vreden (Gr.4) sê: “My suster is vol fiemies en eet net soetgoed.” Gustav Pansegrouw (Gr.5) sê: “My ma noem my kosblik die ‘fiemiesblik’.ˮ Oorsprong: Die woord het sy oorsprong in Latyns, vanuit ‘n woord wat ‘gemors’...
Belangrike Datums
augustus 2026