Ons herinner alle ouers aan ons klasbraai wat hierdie Vrydagaand vanaf 18:30 op die Conradieveld sal plaasvind. Die skool sal sorg dat daar genoeg braaidromme en hout vir elke klas sal wees, maar al die ander dinge moet julle asseblief self saambring. Jy moet dus self ‘n rooster, ‘n lamp, glase, eetgerei, stoele, komberse, drink- en eetgoed, ensovoorts saambring. Ek is seker daar sal genoeg braaiers, helpers en skinkers wees vir al die enkelouers, maar veral vir die enkelma’s… so jy hoef regtig nie die geleentheid mis te loop omdat jy nie kan braai nie!