Ons somer buitemuurse oefenprogram kom op Vrydag, 6 Maart, tot ‘n einde en ons wil in die volgende week met die voorbereiding vir die winterprogram begin. Ons het twee maatskappye genader om vir AL ons kinders klinieke te kom aanbied. Die program werk nou so uit dat ons dit gedurende skoolure gaan doen. Hierdie sessies is vir alle dogters en seuns in die graad, ongeag of hulle aan netbal / rugby gaan deelneem. Ons (die skool) betaal per leerder en die gedagte is dat almal dit bywoon. Dit integreer met die LO-program en help om die kinders se motoriese vaardighede en spiertonus te ontwikkel wat vir hulle tot voordeel in die akademiese klas is. Hulle sal die klinieke bywoon en dan weer terugkeer na akademiese klasse.

Leerders sal op die onderskeie dae met hul LOklere skool toe kom.

Netbal sal deur die WPNA (Pienk tannies) aangebied word op die skool se bane.
Rugby word deur Tag Rugby SA aangebied, m.a.w geen kontak, op die Conradieveld. Ons sal die leerders aanry en terugbring.
Ons sal weer op ‘n ander geleentheid die hokkieklinieke skep.

9- 12 Maart klinieke:
9 Maart = O/13 (Gr.7) leerders 09: 00- 11:00
10 Maart = O/9 – O/10 (Gr.3 + 4) 09:00 – 11:30
11 Maart = O/11 – O/12 (Gr.5 + 6) 09:00 – 11:30
12 Maart = O/7 – O/8 (Gr.1 + 2) 09:00 – 11:00

Ons begin volstoom met die winterprogram in kwartaal 2 op 6 April. Ons wil graag verseker dat ons sisteme vir kommunikasie en beplanning vir die winter buitemuurse groepe vroegtydig saamgestel is en vra dat ouers asb. hul kind/ers se deelname sal aandui / registreer. Volg asb. die skakel en voltooi die vorm. Die sluitingsdatum vir registrasie is Woensdag, 11 Maart.

WINTER BUITEMUURSE REGISTRASIE