Hierdie week is daar 3 wenners vir Woord van die week. Al 3 wenners het die spyker op die kop geslaan met hul inskrywings en ons kon sien dat hulle presies weet wat die woord beteken.

Woord van die week 87: fiemies
Definisie:
Sophie Wasserman (Gr.4) sê dit is wanneer ‘n mens vol nonsens is.
Calla van Vreden (Gr.4) sê: “My suster is vol fiemies en eet net soetgoed.”
Gustav Pansegrouw (Gr.5) sê: “My ma noem my kosblik die ‘fiemiesblik’.ˮ
Oorsprong: Die woord het sy oorsprong in Latyns, vanuit ‘n woord wat ‘gemors’ beteken.