Ons het verlede jaar met ‘n program begin waar leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck ons leerders bystaan met huiswerk. Die klasse is oop vir enige Gr.5-7 leerder wat daarby baat sal vind en is gratis. Die klasse sal op ‘n Woensdagmiddag direk na skool (14:15-15:15) plaasvind. Stuur asb. vir Lucia de Jager lucia@jvrprim.co.za ‘n e-pos indien jy graag jou kind wil inskryf. Verdere reëlings sal getref word sodra ons weet hoeveel kinders en tutors daar sal wees. Gryp die geleentheid aan!