Die skool het altyd ouers die opsie gegee om te kies of hulle OOV kommunikasie wil ontvang of nie. Heelwat ouers het steeds nie aangedui of hulle die kommunikasie wil ontvang of nie, wat beteken dat party gesinne glad nie OOV kommunikasie ontvang nie. Dit is egter belangrik dat hierdie kommunikasie by elke gesin uitkom. Ons het dus besluit om OOV kommunikasie hierdie jaar aan alle ouers te stuur. Minstens een ouer per gesin moet asb. die e-posse wat uitgaan, lees.