Eerskomende Vrydag sal die swemgala vir Gr. 1 tot 3 in ons swembad plaasvind. Dit sal om 09:00 begin en behoort teen 12:00 afgehandel te wees. Indien die gala voor 13:00 klaar is en die leerder se ouer/s, aupair of voog by die gala is, kan hulle die leerder by sy/haar juffrou se klas gaan haal en vroeër huis toe neem. Die leerder moet egter na die gala eers na sy/haar klas toe gaan, anders weet die onderwyser nie wie saam met sy/haar ouer/s huis toe is nie. Leerders wat nie gaan swem nie moet met somerskooldrag skool toe kom.

Die privaat buitemuurse aktiwiteite gaan soos normaal voort.