Slegs enkele ouers het reageer op verlede week se plasing:
Ons het verlede jaar met ‘n program begin waar leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck ons leerders bystaan met huiswerk. Die klasse is oop vir enige Gr.5-7 leerders wat daarby baat sal vind en is gratis. Die klasse sal op ‘n Woensdagmiddag direk na skool (14:20-15:10) plaasvind. Stuur asb. vir Lucia de Jager lucia@jvrprim.co.za ‘n e-pos indien jy graag jou kind wil inskryf. Gryp die geleentheid aan!