Kategorie: Woord van die Week
Jamie Jordaan het ’n ongelooflike vierde plek tydens vanjaar se Horizon-wiskundekompetisie behaal.
Die kompetisie vind in die Wes-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal plaas, met meer as 100 000 leerders wat daaraan deelneem. In die Wes-Kaap het 281 skole vir die kompetisie ingeskryf, met net meer as 27 000 leerders wat deelgeneem het. Dit maak Jamie se prestasie des te meer merkwaardig.
Jamie, baie geluk! Ons is uiters trots op jou puik prestasie.
Baie geluk aan Jamie Jordaan en Reuben Janse van Rensburg, in graad 7, wat kwalifiseer om 10 September aan die finale rondte deel te neem. Meer inligting sal nader aan die tyd gedeel word.
Ons is baie trots op hierdie leerders! 😊
Ons waardeer almal se samewerking en sien daarna uit om volgende kwartaal weer die boekrakke vir ons leerders oop te stel. Leerders sal dan weer soos normaal boeke kan uitneem en nuwe leesavonture ontdek.
Op 28 Mei 2026 het 145 leerders aan ‘n opwindende Robotikadag deelgeneem waar hulle die vaardighede wat gedurende kwartaal 1 en 2 aangeleer is, in ‘n praktiese en uitdagende omgewing toegepas het.
Die dag se uitdaging was gebaseer op die internasionale tema van die World Robot Olympiad (WRO) 2026, naamlik “Robots Meet Culture”. Die uitdagingsmat het ‘n erfenisgebied uitgebeeld waar robotte verskillende missies moes voltooi om kulturele en historiese elemente te verken en te beskerm.
Leerders het in spanne gewerk om hul robotte te programmeer om ‘n reeks missies suksesvol uit te voer. Elke missie het ‘n spesifieke puntwaarde gehad en spanne is volgens die amptelike WRO-puntestelsel beoordeel. Die span wat die meeste missies suksesvol voltooi het, het die hoogste puntetelling behaal. Hierdie wenners van elke graad sal tydens ons laaste saalbyeenkoms aangekondig word.
Die uitdaging het veel meer as net programmering behels. Leerders moes hul wiskundige kennis voortdurend toepas deur afstande te skat, metings te doen en meetkundige beginsels te gebruik om die robot se bewegings akkuraat te beplan. Selfs die kleinste fout in afstand of hoek kon veroorsaak dat ‘n missie onsuksesvol was, wat noukeurigheid en kritiese denke vereis het.
Een van die mees opwindende aspekte van die dag was die probleemoplossing wat plaasgevind het wanneer robotte nie soos beplan beweeg het nie. Spanne moes saamwerk, hul programme aanpas, oplossings toets en weer probeer totdat die gewenste resultate bereik is. Hierdie proses het deursettingsvermoë, kreatiwiteit en spanwerk bevorder.
Die Robotikadag het aan leerders die geleentheid gebied om die vaardighede van die toekoms in ‘n praktiese konteks te ontwikkel. Benewens kodering en robotika het hulle ook kommunikasie-, spanwerk- en probleemoplossingsvaardighede versterk, vaardighede wat noodsaaklik is in die moderne wêreld.
Die dag was ‘n groot sukses en het weereens bewys dat robotika ‘n uitstekende platform bied waar tegnologie, wiskunde, kreatiwiteit en spanwerk integreer. Die entoesiasme, toewyding en innovasie wat die leerders getoon het, het van die Robotikadag ‘n besondere ervaring gemaak wat nog lank onthou sal word.

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Laerskool Jan van Riebeeck op 28 Mei 2026 ons eerste JvR Robotikadag gaan aanbied.
Die dag bestaan uit: ‘n robotika kompetisie, spanuitdagings en beoordeling wat in die skoolsaal plaasvind asook koderingsaktiwiteite en praktiese STEM-aktiwiteite vir leerders tydens klastyd.
Die robotika-kompetisie sal slegs vir ons Intersenfase leerders (Graad 4–7) aangebied word.
Hierdie dag bied aan ons leerders die geleentheid om die vaardighede wat hulle gedurende robotika- en koderingsklasse ontwikkel het, in ’n prettige en opwindende omgewing toe te pas en te vier.
Robotika help leerders om belangrike vaardighede soos: probleemoplossing, kreatiewe denke, spanwerk, logiese redenasie en effektiewe kommunikasie vaardighede te ontwikkel – vaardighede wat noodsaaklik is vir die toekoms.
Ouers is ook welkom om die robotika-kompetisie wat gedurende die dag in die saal plaasvind, te kom ondersteun. Loer gerus na die sessie-indelings om te sien of jou kind deelneem en wanneer jy kan kom kyk.
Ons sien uit om ons leerders se kreatiwiteit, innovasie en harde werk saam met julle te vier!
JvR Robotika Spanlede & Sessies 1📚 Ons nooi alle leerders en ouers hartlik uit na ons boekverkope wat van Maandag, 4 Mei, tot Woensdag, 6 Mei, in die Mediasentrum plaasvind.
Daar sal ’n wye verskeidenheid opwindende boeke beskikbaar wees – iets vir elke leser! 📖✨
Kontant én kaart word aanvaar. 💳
Moenie hierdie geleentheid misloop om jou boekrak aan te vul en jou liefde vir lees verder aan te wakker nie! 📚💛

Sien belangrike inligting rakende die Junie-eksamen asook die rooster hier onder:
EKSAMEN - JUNIE 2026Ons ouerbesoeke vir die eerste kwartaal vind op Maandag, 13 April, en Dinsdag, 14 April 2025, plaas. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning.
Volg hierdie skakel om ‘n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER
Hoe maak ek ‘n bespreking nadat ek op die skakel geklik het?
1. Kies jou kind se graad
2. Kies die datum
3. Kies ‘n onderwyser (Select Staff)
4. Kies ‘n gepaste tydgleuf
Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur ‘n e-pos aan megan@jvrprim.co.za.
Sien meer inligting oor kwartaal 2 se studiekursus hier onder:
Indien jou kind deel is van die studiekursus, sluit gerus by die WhatsApp-groep aan: Studiekursus (Ls JvR)

- Pieter-Steph Bothma
- Izak Steyn
- Lua Groenewald
- Pieter Derksen
- Henry Jordaan
- Christina du Toit
- Amalie Janse van Rensburg
- Mia Bothma
- Stef Nel
- Antjie Samuel
- Nina Bremer
- Chris Derksen
- Ella van der Walt
- Alida Loubser
- Pieter Rademeyer
- Bella Naylor
Die boekklub vind elke eerste Woensdagoggend van die maand, voor skool vanaf 07:15 tot 07:45 in die mediasentrum plaas.
Leerders in Graad 4–7 wat lief is vir lees en stories, is welkom om aan te sluit.

Leerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8–10 leerders per groep en kom een keer per week vir 45 minute bymekaar. Leerders gaan vir 7 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. U kan ’n e-pos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir u kind ’n plek te bespreek.
Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende:
-
Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling
-
Hersiening van verskillende opsommings
-
Luister- en konsentrasievaardighede
-
Geheue-oefeninge
-
Beantwoording van toetse en eksamens
Die kursus begin die week van 26 Januarie. Hier is die tye en datums vir die onderskeie grade.

Belangrike Datums
augustus 2026
september 2026
05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT
Besonderhede
SING. MOVE. PLAY. CONNECT with Orff and Kodály Methods – International Music Education Workshops. By Laerskool Jan van Riebeeck, 09h00 – 13h00
Besonderhede
SING. MOVE. PLAY. CONNECT with Orff and Kodály Methods – International Music Education Workshops. By Laerskool Jan van Riebeeck, 09h00 – 13h00
08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor
Besonderhede
Venue en tyd nog nie bevestig
Besonderhede
12sep09:0014:00Werkswinkels en Musiekkonsert saam met Somerset House
Besonderhede
Werkswinkels en Musiekkonsert saam met Somerset House. Venue: Somerset House Prep School. 09h00 – 14
Besonderhede
Werkswinkels en Musiekkonsert saam met Somerset House. Venue: Somerset House Prep School. 09h00 – 14
oktober 2026
november 2026
desember 2026
januarie 2027
februarie 2027
maart 2027
april 2027
mei 2027
junie 2027
julie 2027
