Snoepie reëlings vanaf Maandag, 7 Junie
Neem asb. kennis: A.g.v. die nuwe vlak van inperking sal daar vanaf Maandag, 7 Junie, geen kontantverkope by die snoepie toegelaat word nie. Bestellings kan nog steeds deur die Karri-toep gemaak word. Daar is twee bestellings wat weekliks uitgestuur word: 1. Die bestelvorm vir etes 2. Die bestelvorm vir soetgoed Alle etes word voor eerste pouse en soetgoed voor tweede pouse by die verskeie leerders se klasse...
Sokkies vir Dokkies – Vrydag sivvies
Ons hou eerskomende Vrydag 'n baie spesiale sivviedag waartydens ons ons mediese personeel, spesifiek die dokters (dokkies), eer vir die werk wat hulle doen. Deur hierdie dag te vier trek ons snaakse, opwindende, prettige sokkies aan. Geen kostes is hieraan verbonde nie, want mediese personeel lewer 'n kosbare diens en gee baie ekstra van hulself aan hul...
Hoërskool JvR: Bergfietsfees uitgestel
Met verwysing na die advertensie wat in verlede week se nuusbrief geplaas is: As gevolg van die nuutste skrywe ontvang van Schools Cycling South Africa, gaan ons nie voort met ons Bergfietsfees op 5 Junie nie, maar verskuif dit na 28 Augustus 2021. Ons hoop dat Laerskool Jan van Riebeeck die dag dan saam met ons sal kom...
Waarde vir die maand: Respek
Respek is om bv. ander te behandel soos wat jy behandel wil word, aan ander se gevoelens te dink en verskillende mense se opinies in ag te neem. Kom ons moedig ons leerders aan om mooi te dink en praat van hulself, hul ouers en hul vriende, hul besittings op te pas en met respek teenoor ander mense op te tree. Kliek op die video om te sien hoe twee van ons leerders verduidelik hoe hulle respek toon. https://vimeo.com/557983220 Kliek hieronder vir 'n video van die leerderraad wat verduidelik hoe jy respek kan toon....
100 jaar +1
Alle sosiale funksies ter viering van ons skool se verjaarsdag, skuif na 2022. Ons sal dan 'n 100 jaar +1 feesviering hê. Datums sal binnekort gekommunikeer word.
Geagte Ouers / Voogde
Terwyl Mei-maand einde se kant toe staan, is Moeder natuur hard aan die werk om die heerlike herfsweer stadig maar seker aan die genade van die winter oor te laat. Ons is so geseënd met die goeie reën die afgelope tyd en moontlik het ons gou vergeet dat ons pragtige moederstad aan die einde van Februarie 2018 ‘n baie ernstige waterkrisis beleef het en amper die gevreesde ‘’Dag Zero’’ bereik het. Wie sou kon voorspel dat na afloop van die waterkrisis in Kaapstad en die beplande beurtkrag van ESKOM ons nog ‘n krisis in die gesig sou staar met die Covid-19 pandemie wat ons daaglikse bestaan en werkswyse drasties verander. Alles wat vanselfsprekend is, het in ‘n oogwink verander. Met die 3de vlaag van Covid-19 wat haas onafwendbaar is, wil ek vir julle die versekering gee dat ons alles in ons vermoë sal doen om die veiligheid van die leerders en die skoolgemeenskap te verseker. Nuwe regulasies het ons as skool reeds die afgelope week genoodsaak om die formaat van sportoefeninge te verander asook dat kooroefeninge vanaf 24 Mei slegs in graadverband sal geskied. Ons sal dan weekliks die sport- en kooroefeninge bestuur afhangend van die erns van die 3de Covid-vlaag. Dit is vir ons belangrik dat ons leerders so lank as moontlik aktief bly en met aangepaste sport- en kultuuraktiwiteite voortgaan totdat die erns van die pandemie vir ons anders wys. Die musiekkonsert van Woensdagaand, 26 Mei, is ook vir eers uitgestel tot latere kennisgewing. Ek is van mening dat indien ons met die konsert Woensdagaand sou voortgaan, dit beslis die verkeerde boodskap na buite sou stuur. Die...
Uitkomtye vir Gr.4-7
Vanaf Maandag, 31 Mei, sal die volgende uitkomtye geld: Gr.4 & 5 14:10 Maandag - Donderdag 14:00 Vrydae (Normale tyd) Gr.6 & 7 14:00 Maandag - Donderdag 13:50 Vrydae (10 minute vroeër)
Jannies presteer by eerste ronde netbalproewe
Op Maandag en Dinsdag het 11 van ons dogters aan die eerste ronde van die CTPSN (voorheen bekend as WP-Netbal) proewe deelgeneem. Dit was 'n wonderlike twee dae waar ons weer pragtige netbal in aksie kon sien. Ons dogters het baie goed gevaar en die volgende leerders is gekies om ons kring by die Metropool Noord se ronde te verteenwoordig: O/11: Klara Steyn; Carmen Barnard; Mieke Nel en Stella Lamprecht O/12: Liza Hitge en Sophia Liebenberg O/13: Megan de Vroede; Mia Symington; Héloïse Strauss; Chiara Roodt; Katrien Stimie en Lameez Booysen. Ons is baie trots op al ons leerders. Ongelukkig sal hulle nie meer hierdie naweek aan die volgende ronde proewe deelneem nie. Alle proewe is vir eers...
Uitstel van netbal- en rugbyklinieke
Ons gaan vir eers die netbal- en rugbyklinieke van Saterdag, 22 Mei, uitstel tot 'n later stadium.
Geagte Ouers / Voogde
Ons kom aan die einde van nog ‘n suksesvolle week en ons skool is baie geseënd dat alles klopdisselboom verloop. Die enigste demper die week is die afkondiging deur die Nasionale Onderwysdepartement, asook WKOD, dat alle kontaksporte met onmiddellike effek afgestel moet word as ‘n voorsorgmaatreël om die impak van die 3de Covid-vlaag hok te slaan. Julle wonder seker waar dit ons as skool t.o.v. die sportaktiwiteite laat wat die afgelope tyd so mooi in plek geval het? Graag deel ek dat ons met wintersportoefeninge tot verdere kennisgewing voortgaan, maar die formaat gaan verander en die fokus tydens oefeninge verskuif na vaardigheidsontwikkeling terwyl fisiese kontak totaal vermy word. Ek glo julle stem saam dat ons nie nou al die leerders se bietjie sportervaring net eenvoudig moet bederf nie, want dit is belangrik dat ons leerders aktief en fiks bly terwyl hulle ook die vars lug buite kan geniet. Om nie eers te praat van die sosiale interaksie en vaardighede wat met wintersport gepaardgaan nie. Ongelukkig sal daar tot verdere kennisgewing geen wedstryde of sportklinieke kan geskied nie. Ons gaan egter nie die beplande sportklinieke en wedstryde net eenvoudig afstel nie, maar bloot uitstel. Ek wil graag ‘n skoolkultuur skep waar ons slegs onder uiterste omstandighede sport en/of funksies sal kanselleer. Om net eenvoudig te kanselleer kan so maklik ‘n slegte gewoonte raak. Soos julle, wonder ek ook of die 3de vlaag van die pandemie die Wes-Kaap en Suid-Afrika so hard gaan tref en wat is die plan van die regering om die ‘beloofde’ entstofprogram vinniger uit te rol. Ons moet egter nie te selfvoldaan raak en die erns van...
Redenaars
Ons redenaars het hulle nie laat onder kry deur die pandemie nie! Tydens verlede kwartaal se interne kompetisie het twee eksterne beoordelaars hul toesprake beoordeel. Skaafwerk is toe deur die brawe juf. Andri Baird en juf. Lucia de Jager gedoen en daar is hard geoefen. ‘n Allemintige twintig Jannies was braaf genoeg om hulle toesprake op te neem en dit is in gestuur vir die eerste ronde van die ATKV-kompetisie. Ons hou duim vas vir julle en bars reeds van trots! Die volgende leerders se video's is in gestuur: Gr.2: Pieter Rademeyer en Olivia Blackmore Gr.3: Stella Pansegrouw en Jeanne van Heerden Gr.4: Ané Swanepoel, Cara Stoltz, Karu Rademeyer, Emma Snijders, Hila Hertzog, Michaan Naylor en Sophia Derksen Gr.5: Annabel Potgieter en Emma van Biljon Gr.6: Cara Swanepoel en Mia Cruywagen Gr.7: Carla Snijders, Héloïse Strauss, Mieke Hertzog, Luca Zulch en Nia Dookens Hopelik kry ons spoedig die uitslae! Ons het twee leerders, Pieter en Karu Rademeyer, wat aan Radikale Redenaars deelgeneem het. Karu het aan die volgende kategorieë deelgeneem: Afrikaanse Redenaars, Afrikaanse lees: Poësie, Afrikaanse lees: Prosa en Engelse lees: Poetry Pieter het deelgeneem aan Afrikaanse Redenaars, Afrikaanse lees: Poësie en Engelse lees: Poetry Hul het albei in al die kategorieë waarin hul deelgeneem het, tot by die Wes-Kaapse streeksfinaal gevorder, maar dit word nie vanjaar aangebied nie a.g.v. Covid-19-beperkings. Ons is vreeslik trots dat hulle ook deurgedring het na die nasionale finaal wat op 16 Oktober in Pretoria aangebied word: Karu vir Afrikaanse lees: Poësie Pieter vir Afrikaanse Redenaars, Afrikaans lees: Poësie en Engelse lees: poësie Baie geluk aan ons Jannie-redenaars met hul puik prestasies! Ons is...
Dawid-Wiese presteer by die Cape Town ProKennex toernooi
Dawid-Wiese Viljoen (o/11) het die afgelope naweek aan die o/12-afdeling van die Cape Town ProKennex Tennistoernooi deelgeneem. Hy het 2de geëindig met 'n telling van 2-6, 6-2 en 10-5. Baie geluk Dawid-Wiese. Dis wonderlik dat jy die ouer kinders ook so bietjie opdraendes...
Klerebank
Koop klere onder jou kind se naam om klasaflewering moontlik te maak: Kliek HIER om klere aanlyn te bestel. Maak asb. seker van die volgende wanneer jy klere bestel: Bestel onder jou kind se naam en vul sy/haar klasbesonderhede in. Tik slegs ‘n letter op elke adreslyn in. (Dit word by die skool afgelewer) Betaling: Gebruik die bestelnommer as verwysing. Indien hulp hiermee benodig word, kom gerus na die klerebank. Klerebanktye vir aanpas en direkte aankope: Maandae en Woensdae: 07:20 - 08:00 Dinsdae en Donderdae 13:30 - 14:20 Alle aanlynbestellings is op ‘back-order’. Aanlynbestellings word in die klerebank gepak en versprei. Indien ‘n item uit voorraad is, sal die uitstaande bestellings gepak word voordat rakke aangevul word. Dit is belangrik om vooruit te bestel. Sekere items vat twee maande om gemaak en afgelewer te...
Geagte Ouers / Voogde
Ek kan nie glo hoe vinnig die eerste week van die nuwe kwartaal verby gesnel het nie. Ek hoop en vertrou julle het ‘n wonderlike Moedersdag op Sondag, 9 Mei, saam met jul familie en / of gesin geniet. Mag ons nooit die belangrike rol wat moeders vertolk, vergeet nie. Ek glo moeders is die gom wat alle huishoudings bymekaar hou; moeders is die kompas wat die gesinne se kernwaardes op koers hou. Baie dankie dat julle aan die waardes bou, want dit skep geborgenheid en standvastigheid vir ons kinders. Op Donderdag, 6 Mei, het ons Trust ‘n baie suksesvolle kleiduifskietdag by die ‘’Gun Valley Clay Target Club’’ aangebied. Kleiduifskietery behels klein (oranje) teikens wat deur die lug geskiet word om voëljag te stimuleer. 65 Persone waarvan die meeste aspirante skutte was, het aan die gewilde dag deelgeneem. Ons hoofborg vir die dag was Safari Outdoor. Baie dankie aan Stephanie le Roux, Ria Hertzog en LJ le Roux wat hard agter die skerms gewerk het om die unieke geleentheid moontlik te maak. Dankie ook aan Pieter Janse van Vuuren wat met soveel entoesiasme betrokke was. Die dag is afgesluit met ‘n klein, intieme veiling waartydens R141 000 onder die bekwame leiding van ons uitstekende afslaer, MC du Toit (ouer by Huppelland), ten bate van welwillenheid ingesamel is. Ek wil graag soos tydens my toespraak ons ouers hartlik bedank vir die feit dat hul beursies vir welwillendheid wawyd oop staan. Gelde geïn gaan direk aangewend word om twee gebalanseerde etes per dag vanuit die snoepie aan ons behoeftige leerders te voorsien. Ek het self die voorreg gehad om ook deel...
Feesboek Inligting
Ons wil graag in die 100 jaar Feesboek noem watter gesinne al 'n lang pad met Laerskool Jan van Riebeeck stap. Indien julle al 'n geruime tyd deel vorm van die Jannie-familie, kliek HIER om die vorm in te vul.
Belangrike Datums
augustus 2026