Ons redenaars het hulle nie laat onder kry deur die pandemie nie! Tydens verlede kwartaal se interne kompetisie het twee eksterne beoordelaars hul toesprake beoordeel. Skaafwerk is toe deur die brawe juf. Andri Baird en juf. Lucia de Jager gedoen en daar is hard geoefen. ‘n Allemintige twintig Jannies was braaf genoeg om hulle toesprake op te neem en dit is in gestuur vir die eerste ronde van die ATKV-kompetisie. Ons hou duim vas vir julle en bars reeds van trots!

Die volgende leerders se video’s is in gestuur:
Gr.2: Pieter Rademeyer en Olivia Blackmore
Gr.3: Stella Pansegrouw en Jeanne van Heerden
Gr.4: Ané Swanepoel, Cara Stoltz, Karu Rademeyer, Emma Snijders, Hila Hertzog, Michaan Naylor en Sophia Derksen
Gr.5: Annabel Potgieter en Emma van Biljon
Gr.6: Cara Swanepoel en Mia Cruywagen
Gr.7: Carla Snijders, Héloïse Strauss, Mieke Hertzog, Luca Zulch en Nia Dookens

Hopelik kry ons spoedig die uitslae!

Ons het twee leerders, Pieter en Karu Rademeyer, wat aan Radikale Redenaars deelgeneem het.

Karu het aan die volgende kategorieë deelgeneem: Afrikaanse Redenaars, Afrikaanse lees: Poësie, Afrikaanse lees: Prosa en Engelse lees: Poetry
Pieter het deelgeneem aan Afrikaanse Redenaars, Afrikaanse lees: Poësie en Engelse lees: Poetry

Hul het albei in al die kategorieë waarin hul deelgeneem het, tot by die Wes-Kaapse streeksfinaal gevorder, maar dit word nie vanjaar aangebied nie a.g.v. Covid-19-beperkings.

Ons is vreeslik trots dat hulle ook deurgedring het na die nasionale finaal wat op 16 Oktober in Pretoria aangebied word:
Karu vir Afrikaanse lees: Poësie
Pieter vir Afrikaanse Redenaars, Afrikaans lees: Poësie en Engelse lees: poësie

Baie geluk aan ons Jannie-redenaars met hul puik prestasies! Ons is trots op julle!