Respek is om bv. ander te behandel soos wat jy behandel wil word, aan ander se gevoelens te dink en verskillende mense se opinies in ag te neem. Kom ons moedig ons leerders aan om mooi te dink en praat van hulself, hul ouers en hul vriende, hul besittings op te pas en met respek teenoor ander mense op te tree.

Kliek op die video om te sien hoe twee van ons leerders verduidelik hoe hulle respek toon.

Kliek hieronder vir ‘n video van die leerderraad wat verduidelik hoe jy respek kan toon.