Ons hou eerskomende Vrydag ‘n baie spesiale sivviedag waartydens ons ons mediese personeel, spesifiek die dokters (dokkies), eer vir die werk wat hulle doen. Deur hierdie dag te vier trek ons snaakse, opwindende, prettige sokkies aan. Geen kostes is hieraan verbonde nie, want mediese personeel lewer ‘n kosbare diens en gee baie ekstra van hulself aan hul gemeenskap.