Neem asb. kennis: A.g.v. die nuwe vlak van inperking sal daar vanaf Maandag, 7 Junie, geen kontantverkope by die snoepie toegelaat word nie.

Bestellings kan nog steeds deur die Karri-toep gemaak word.
Daar is twee bestellings wat weekliks uitgestuur word:
1. Die bestelvorm vir etes
2. Die bestelvorm vir soetgoed
Alle etes word voor eerste pouse en soetgoed voor tweede pouse by die verskeie leerders se klasse afgelewer.