Op Maandag en Dinsdag het 11 van ons dogters aan die eerste ronde van die CTPSN (voorheen bekend as WP-Netbal) proewe deelgeneem. Dit was ‘n wonderlike twee dae waar ons weer pragtige netbal in aksie kon sien. Ons dogters het baie goed gevaar en die volgende leerders is gekies om ons kring by die Metropool Noord se ronde te verteenwoordig:

O/11: Klara Steyn; Carmen Barnard; Mieke Nel en Stella Lamprecht
O/12: Liza Hitge en Sophia Liebenberg
O/13: Megan de Vroede; Mia Symington; Héloïse Strauss; Chiara Roodt; Katrien Stimie en Lameez Booysen.

Ons is baie trots op al ons leerders. Ongelukkig sal hulle nie meer hierdie naweek aan die volgende ronde proewe deelneem nie. Alle proewe is vir eers uitgestel.