Dawid-Wiese Viljoen (o/11) het die afgelope naweek aan die o/12-afdeling van die Cape Town ProKennex Tennistoernooi deelgeneem. Hy het 2de geëindig met ‘n telling van 2-6, 6-2 en 10-5. Baie geluk Dawid-Wiese. Dis wonderlik dat jy die ouer kinders ook so bietjie opdraendes gee!