Pannekoekverkope
Die graad 7-groep doen ‘n beroep op alle leerders om hulle fondsinsamelingsprojek te ondersteun. Ons gaan elke Vrydag in tweede pouse pannekoeke verkoop. Bestellings kan op Karri geplaas word.
Ouerbesoeke Kwartaal 3
Daar is weer hierdie kwartaal vir ouers 'n geleentheid om onderwysers op 11 & 12 Augustus te kom sien. Die skool sal op hierdie dae om 12:45 vir Gr.1-3 en 13:00 vir Gr.4-7 sluit. Die bus sal om 13:05 vertrek. Neem kennis dat die leerders in die Grondslagfase se ouers nie die Google Form hoef in te vul nie en dat hulle Maandag, 2 Augustus, 'n e-pos sal ontvang wat hul afsprake verduidelik. Kliek HIER om 'n afspraak met 'n onderwyser in die intersenfase te...
Belangrike kennisgewing
Dit is vir ons heerlik om al ons kinders en personeel terug by die skool te ontvang. Ons verlang na ons ouers / voogde en hoop om binnekort meer samekomste te kan geniet. Ons kan ook rapporteer dat ons leerders goed op datum is met die kurrikulum en hulle akademies uitstekend vorder te midde van die Covid-pandemie-uitdagings. Dit is ongelukkig ook so dat ons uitstaande debiteure buitengewoon hoog is en dat daar te veel van ons ouers is wat vanjaar te stadig of glad nie skoolfonds betaal nie. Bykans 80% van ons personeel word deur die skool self betaal en nie deur die onderwysdepartement nie. Skoolfondsontvangste is die ruggraat van ons aanbieding en dienslewering. Daar is ‘n vrystelingsbeleid in plek vir ouers wat, binne voorgeskrewe maatreëls, nie die skoolfonds kan bekostig nie. Daar is dus geen verskoning vir ouers wat nie skoolfonds betaal nie. Weens die dringendheid van die saak sal ons nuut-gekoöpteerde tesourier, Marili Thomson, met alle agterstallige debiteure in verbinding tree. Ons vra julle samewerking in die verband sodat ons die skool in al ons leerders, personeel en ouers se belang ten beste kan bestuur en uitbou. Ons sê ook baie dankie vir ons vele ouers wat getrou hulle skoolfonds betaal. Vriendelike groete, Naas Beets Skoolhoof Merwe Scholtz BR-Voorsitter Marili Thomson...
Kultuurkaskenades uitgestel na September
Die kultuurkaskenades se nuwe datums is voorlopig as volg: Maandag, 27 September: Gr. 1 - 3 (voor pouse) Maandag, 27 September: Gr. 4 en 5 (na pouse) Woensdag, 29 September: Gr. 6 en 7 (voor pouse)
Kwartaal 3 en Reëlings
Ons hoop en vertrou dat almal ‘n heerlike wintervakansie geniet het en die spreekwoordelike batterye is herlaai sodat ons almal slaggereed is om die 3de kwartaal met ywer aan te pak. Hiermee dan reëlings vir jul kennisname rakende die heropening van skole: Heropening van Laerskool asook Huppelland: Geskied Maandag, 26 Julie, en normale skooltye is van toepassing. Voltooiing van eksamen: Die eksamenvak/leerarea wat vir Donderdag, 1 Julie, geskeduleer was, sal nou op Vrydag, 30 Julie, tydens die toetsperiode plaasvind. Gr. 4 - Geskiedenis Gr. 5 - Aardrykskunde Gr. 6 - Aardrykskunde Gr. 7 - SK: Kuns en Drama Isolasie en eksamen/assesserings: Leerders wat eksamens/assesserings as gevolg van siekte/isolasie gemis het, sal dit vanaf Woensdag, 28 Julie, tot Dinsdag, 4 Augustus, aflê. Kommunikasie rakende watter vakke/leerareas op watter dae geskied, sal binnekort volg. Rapporte: Ons poog om dit op Vrydag, 6 Augustus, aan leerders uit te deel. Ouerafsprake: Geskied op Woensdag en Donderdag, 11 - 12 Augustus vanaf 13:30 - 17:00. Uitnodigings en program volg. Sport- en kooroefeninge by die skool: Geen buitemuurse aktiwiteite tot verdere kennisgewing. Snoepie: Alle kosbestellings gaan voort deur middel van die Karri-toep. Nasorg: Heropen vanaf Maandag, 26 Julie, soos normaal. Bestuur/EXCO: Die bestuurspan het reeds vanaf 22 Julie begin werk om te verseker dat die skool skoon, gereed en netjies is om effektiewe onderrig en leer te verseker. Baie dankie vir jul dringende aandag. Ons sien baie uit om ons Jannies by die skool te ontvang en mag kwartaal 3 ‘n baie voorspoedige tydperk vir die skoolgemeenskap wees. Bly asseblief veilig. Vriendelike groete, Naas Beets...
Einde van die tweede kwartaal boodskap
https://vimeo.com/569317525
Nuwe regulasies vir skole tydens vlak 4 van die inperking
Die 3de vlaag van die Covid-19 pandemie het die afgelope tyd werklik sy kloue nie net diep in ons skoolgemeenskap geslaan nie, maar veral in Gauteng waar infeksiekoers die hoogte in geskiet het. Ek glo julle is almal ingelig dat as gevolg van die afkondiging van President Cyril Ramaphosa op Sondag, 27 Junie 2021 rakende die rampspoedige effek van die Covid-19 pandemie, sluit alle skole landwyd nege dae vroeër as wat oorspronklik aangedui is. Neem asseblief kennis van die volgende reëlings: Sluit en heropen van skole: Skool sluit Woensdag, 30 Junie, vir alle leerders na afloop van die eksamen en heropen op Maandag, 19 Julie. Grondslagfase (Gr.1 - 3) sluit om 10:00 en Intersenfase (Gr.4 - 7) om 10:15. Ongelukkig mag geen leerders, behalwe die nasorgleerders, op die perseel later as 10:30 wees nie. Skole sluit vir personeel op Vrydag, 02 Julie 2021. Eksamen: Gaan voort soos beplan tot Woensdag (30 Junie). Donderdag se vraestelle sal tydens die tweede Vrydag (30 Julie - toetsperiode) van die derde kwartaal geskied. Leerders wat moes isoleer en eksamen / assesserings gemis het, sal dit in die 2de week van kwartaal 3 kan aflê. Rooster sal volg. Rapporte en ouerbesoeke: Staan oor na kwartaal 3. Korrespondensie sal volg. Busvervoer: Bus vertrek Woensdag, 30 Junie, om 10:30. Sluit Huppelland-leerders in. Nasorg en vakansiesorg: Sluit ongelukkig ook op Woensdag, 30 Junie, om 17:15. Let wel geen vakansiesorg mag geskied nie. Snoepie: Donderdag (1 Julie) en Vrydag (2 Julie) se snoepiebestellings sal Woensdag (30 Junie) ontvang word. Huppelland: Sluit Woensdag, 30 Junie, soos normaal om 14:30 en nasorg om 17:30. Huppelland heropen op Maandag, 19 Julie...
Verlore Goedere
Die nuwe biblioteekjuffrou, Annami Gerber, is die skakelpersoon vir verlore goedere. Indien 'n item van jou kind verlore raak, is jy meer as welkom om haar te kontak by biblioteek@jvrprim.co.za. Hiermee wil ons 'n versoek aan ouers rig om asseblief jou kind(ers) se klere/items duidelik met hul naam en van te merk. Alle verlore goedere wat gemerk is, kan dadelik aan sy/haar eienaar terugbesorg word. Baie dankie vir jou...
Geagte Ouers / Voogde
Kan julle glo Junie-maand se raklewe is amper verstreke; die helfte van die jaar het verby gesnel! Die afgelope week het die res van die grade ook met eksamen / assesserings begin en sover verloop alles klopdisselboom. Ons skoolgemeenskap se grootste uitdaging tans is die vinnige verspreiding van Covid-19 infeksies onder ons ouers en leerders. Ons het die afgelope tyd heelwat navrae ontvang rakende die protokol vir isolasie na Covid-19 blootstelling. Daarom het ek met die hulp van dr. Barbara Kemp op Woensdag, 23 Junie 2021, vir julle ‘n brief gestuur waarin ons almal vriendelik versoek om die voorgestelde isolasie-riglyne te volg sodat ons kan verseker dat ons leerders skool toe kan kom. Ek wil beslis nie voorskriftelik wees rakende jul sosiale lewe nie, maar laat my ook toe om julle te versoek om dit ernstig te oorweeg om liewer kinderpartytjies / verjaarsdagpartytjies / as gesinne saam te kuier moontlik uit te stel totdat die 3de vlaag van die pandemie onder beheer is. Baie dankie dat julle verstaan en die veiligheid van ons skoolgemeenskap eerste stel! Verder heers daar tans groot opwinding onder die personeel aangesien die WKOD se Covid-19 inentingsprogram gister afgeskop het en ses van ons personeellede gister suksesvol ingeënt is. Soos ek in my vorige nuusbrief genoem het, is daar lig aan die einde van die pandemie-tonnel m.a.w. daar is hoop! Op Woensdagmiddag, 23 Junie, was ons onderwysers bevoorreg om na ‘n motiveringspraatjie van dr. Gillian Arendse, ‘n bekende gasspreker, motiveringspreker, mentor en tutor te luister. Dr. Arendse het die ongelooflike vermoë om tydens uitdagende tye soos ons tans met die 3de vlaag van die Covid-19...
Covid-boodskap
Ons kry daagliks oproepe van ouers/voogde rakende die riglyne vir isolasie na Covid-blootstelling. Sommige ouers/voogde mag dalk nie seker wees van die isolasie-riglyne nie en verhoog moontlik die risiko vir infeksie vir almal. Mense probeer kortpaaie vat om die isolasie tydperk vry te spring. Baie dankie aan dr. Barbara Kemp wat vir ons die volgende riglyne voorgestel het: 1. As jy blootstelling gehad het aan ‘n persoon wat positief vir Covid-19 getoets het, MOET jy vir 10 dae isoleer. 2. As jy in isolasie is, toets jy NET as jy simptome vir Covid-19 ontwikkel. 3. ‘n Negatiewe Covid-19 toets, terwyl jy moet isoleer, beteken NIE dat jy nie verder hoef te isoleer nie. Dit is dus onnodig om te toets as jy nie simptome het nie. Jy MOET steeds vir 10 dae isoleer. Covid-19 is besig om so vinnig te versprei, want meeste dink dat ‘n negatiewe toets na blootstelling vir hulle vryskelding gee van isolasie. Baie dankie vir julle samewerking in die verband. Groete Naas Beets...
Impak van 3de vlaag
Die 3de vlaag van die Covid-19 pandemie het die afgelope tyd werklik sy kloue diep in ons skoolgemeenskap geslaan. Dit opsig self bring verskeie operasionele uitdagings vir die skool met die eksamen / assesserings wat op hande is. Verskeie van ons gesinne is baie erg deur die pandemie geraak en verkeer tans in isolasie. Dus in ons poging om die impak van die 3de vlaag te probeer verminder asook om die veiligheid van ons skoolgemeenskap te prioritiseer, geld die volgende interimreëlings onmiddellik vir die volgende 2 weke (22 Junie – 2 Julie): Skool sluit daagliks vroeër: Indien dit vir ouers/voogde moontlik is, kan hulle hul kinders daagliks om 10:00 (Grondslagfase) en 10:15 (Intersenfase) direk na die eksamen / assessering by die skool kom afhaal. Daar sal egter toesig vir leerders wees wie se ouers / voogde hulle eers om 13:00 kan kom afhaal. Grondslagfase het hul program aangepas om die dae tussen formele assesseringsvraestelle te gebruik vir die individuele assessering. Busvervoer: Vertrek 12:30 vanaf skool. Isolasie en eksamen / assesserings: Die klasonderwysers sal met ouers / voogde kommunikeer in verband met leerders wat moet isoleer en nie die eksamen / assesserings fisies kan skryf nie. Leerders wat dan ongelukkig moet isoleer, sal of die laaste week van die kwartaal of die 2de week in kwartaal 3 die geleentheid kry om eksamen / assesserings af te lê. Klasonderwysers sal individuele assesseringsplanne vir hierdie leerders opstel en met hul spesifieke ouers kommunikeer m.a.w. wat die beste reëling vir elke individuele leerder is. Neem asseblief dan ook kennis dat ons nie noodwendig vir die spesifieke leerders vorderingsverslae op die laaste dag van...
Nuwe drukkers & televisies vir die skool
Die Beheerraad het onlangs na ‘n deeglike ondersoek besluit om ‘n nuwe kontrak met Nashua as verskaffer van fotostaatmasjiene en drukkers aan die skool en Huppelland te onderteken, aangesien die ou fotostaatmasjiene en drukkers hul raklewe bereik het en baie probleme asook menigte frustrasies veroorsaak het. Deel van die onderhandelinge met Nashua het die skenking van x12 65’ Samsung slimtelevisies ingesluit. Hierdie meevallertjie van x12 slimtelevisies vervang die huidige projektors in die Gr.4 - 7-klaskamers terwyl die projektors na die Gr.1 - 3-klaskamers geskuif is. ‘n Gloeilampie van ‘n projektor hou nie lank nie en moet periodiek ten duurste vervang word. Die slimtelevisies het nie net ‘n beter beeld en langer waarborg nie, maar skep onder andere vir ons ‘n wonderlike geleentheid om tegnologie meer gereeld in die kurrikulum te inkorporeer. Dit voorsien die opvoeder van ‘n alternatiewe leerinstrument om sy/haar klasse baie meer interessant te maak. Baie dankie Mnre. Leon Hanekom, Hannes Muller en die algemene werkers wat op Saterdag, 12 Junie, en Sondag, 13 Junie, hard gewerk het om die slimtelevisies professioneel te installeer. Ons is baie dankbaar vir hierdie tegnologie in ons klaskamers. Naas...
Krieketkliniek
Graag wil ek weer Hoërskool Jan van Riebeeck bedank dat hulle ons op Vrydag, 11 Junie, vanaf 16:00 - 18:00 deelgemaak het van ‘n uitstekende krieketkliniek wat deur die Ryan Maron Krieketskool by hul sportvelde aangebied is. Verskeie van ons kranige krieketspelers het die kliniek bygewoon om aan hul krieketvaardighede te skaaf terwyl ons ouers heerlik deur die hoërskool se OOV onthaal is. Naas...
Assesserings
Leerders wat assesserings mis tydens die eksamen a.g.v. siekte of isolasie: Let daarop dat volgens die WKOD se voorskrifte geen assessering tuis afgelê mag word nie. Indien 'n leerder tydens die eksamen 'n assessering mis, sal elke geval afsonderlik hanteer word. Die ideaal is dat die leerder die assessering wat hy/sy gemis het, inhaal tydens die tweede sessie (na eerste pouse) sodra hy/sy terug...
Jannies presteer by Wilson’s tennistoernooi
Ons Jannies het nie op Jeugdag, 16 Junie, stil gesit nie. Twee van hulle het aan die Wilson's o/10 Dubbelstoernooi in Parow deelgeneem en tweede geëindig. Baie geluk aan Gustav van der Linde en Adriaan Wessels (graad 4).
Belangrike Datums
augustus 2026