Die 3de vlaag van die Covid-19 pandemie het die afgelope tyd werklik sy kloue nie net diep in ons skoolgemeenskap geslaan nie, maar veral in Gauteng waar infeksiekoers die hoogte in geskiet het.

Ek glo julle is almal ingelig dat as gevolg van die afkondiging van President Cyril Ramaphosa op Sondag, 27 Junie 2021 rakende die rampspoedige effek van die Covid-19 pandemie, sluit alle skole landwyd nege dae vroeër as wat oorspronklik aangedui is.

Neem asseblief kennis van die volgende reëlings:

  • Sluit en heropen van skole: Skool sluit Woensdag, 30 Junie, vir alle leerders na afloop van die eksamen en heropen op Maandag, 19 Julie. Grondslagfase (Gr.1 – 3) sluit om 10:00 en Intersenfase (Gr.4 – 7) om 10:15. Ongelukkig mag geen leerders, behalwe die nasorgleerders, op die perseel later as 10:30 wees nie. Skole sluit vir personeel op Vrydag, 02 Julie 2021.
  • Eksamen: Gaan voort soos beplan tot Woensdag (30 Junie). Donderdag se vraestelle sal tydens die tweede Vrydag (30 Julie – toetsperiode) van die derde kwartaal geskied. Leerders wat moes isoleer en eksamen / assesserings gemis het, sal dit in die 2de week van kwartaal 3 kan aflê. Rooster sal volg.
  • Rapporte en ouerbesoeke: Staan oor na kwartaal 3. Korrespondensie sal volg.
  • Busvervoer: Bus vertrek Woensdag, 30 Junie, om 10:30. Sluit Huppelland-leerders in.
  • Nasorg en vakansiesorg: Sluit ongelukkig ook op Woensdag, 30 Junie, om 17:15. Let wel geen vakansiesorg mag geskied nie.
  • Snoepie: Donderdag (1 Julie) en Vrydag (2 Julie) se snoepiebestellings sal Woensdag (30 Junie) ontvang word.
  • Huppelland: Sluit Woensdag, 30 Junie, soos normaal om 14:30 en nasorg om 17:30. Huppelland heropen op Maandag, 19 Julie 2021.

Ek het baie empatie dat die nuwe nasionale bepalings jul vakansieplanne moontlik in die wiele gaan ry, aangesien die skool en Huppelland nou vroeër sluit en heropen. Indien julle logistieke probleme het met die week wat die skole nou vroeër gaan open, kan die laerskool se ouers / voogde my kantoor enige tyd kontak en Huppelland se ouers / voogde vir Mariëtte Herholdt – ons sal beslis ‘n plan maak om julle te akkommodeer!

Hierdie is tye wat ons as Suid-Afrikaners weer sterk moet staan, ons sal die 3de vlaag ook oorwin! Baie dankie vir jul begrip in die verband om die veiligheid van die skoolgemeenskap te verseker.

Ek het regtig gehoop dat ons onder beter omstandighede ‘n lekker wintervakansie sal kan geniet, maar kom ons maak die beste van ‘n saak! Stuur asseblief my groete aan jul kinders, ons gaan hulle baie mis. Mag julle ‘n wonderlike vakansie geniet, bederf gerus julle kinders.

Bly asseblief veilig.
Vriendelike groete,

Naas Beets
SKOOLHOOF