Ons kry daagliks oproepe van ouers/voogde rakende die riglyne vir isolasie na Covid-blootstelling. Sommige ouers/voogde mag dalk nie seker wees van die isolasie-riglyne nie en verhoog moontlik die risiko vir infeksie vir almal. Mense probeer kortpaaie vat om die isolasie tydperk vry te spring. Baie dankie aan dr. Barbara Kemp wat vir ons die volgende riglyne voorgestel het:

1. As jy blootstelling gehad het aan ‘n persoon wat positief vir Covid-19 getoets het, MOET jy vir 10 dae isoleer.

2. As jy in isolasie is, toets jy NET as jy simptome vir Covid-19 ontwikkel.

3. ‘n Negatiewe Covid-19 toets, terwyl jy moet isoleer, beteken NIE dat jy nie verder hoef te isoleer nie. Dit is dus onnodig om te toets as jy nie simptome het nie. Jy MOET steeds vir 10 dae isoleer.

Covid-19 is besig om so vinnig te versprei, want meeste dink dat ‘n negatiewe toets na blootstelling vir hulle vryskelding gee van isolasie.

Baie dankie vir julle samewerking in die verband.

Groete
Naas Beets
SKOOLHOOF