Die nuwe biblioteekjuffrou, Annami Gerber, is die skakelpersoon vir verlore goedere. Indien ‘n item van jou kind verlore raak, is jy meer as welkom om haar te kontak by biblioteek@jvrprim.co.za. Hiermee wil ons ‘n versoek aan ouers rig om asseblief jou kind(ers) se klere/items duidelik met hul naam en van te merk. Alle verlore goedere wat gemerk is, kan dadelik aan sy/haar eienaar terugbesorg word. Baie dankie vir jou samewerking.