Kategorie: Verlore Goedere

Sien hier onder die proses wat met verlore goedere by die skool gevolg word. Die skool kan ongelukkig nie vir swak-, verkeerdelik of ongemerkte items verantwoordelik gehou word nie. Ons poog wel om gemerkte verlore goedere, so spoedig moontlik aan hul eienaars terug te besorg.

Proses:

  • In die eerste periode op ‘n Woensdag en Donderdag word gemerkte verlore items (wat op die tafel beland het) aan leerders terugbesorg.
  • Alle items wat nie gemerk is nie, word in die kaste gepak.
  • Aan die einde van die kwartaal, word alle swak / verkeerdelik gemerkte / ongemerkte items wat in die kaste is, by die verlore goedere-uitstalling beskikbaar gestel.
  • Alle items wat nie op die dag van die uitstalling geëis word nie, word geskenk.
  • Ongelukkig hoop verlore goedere vanaf Donderdagoggende na Woensdagoggende op. Indien die verlore item nie in die kaste of op die verlore goedere tafel is nie, is ouers welkom om ‘n e-pos na biblioteek@jvrprim.co.za te stuur.

Verlore Goedere Nuusbrokkies

Verlore Goedere-uitstalling: 27 September

Alle verlore goedere wat nog nie afgehaal is nie, sal op Woensdag, 27 September, vanaf 07:15 – 15:30 in die biblioteek uitgestal word. Kom kyk asseblief indien daar iets is wat jy verloor het!