Graag wil ek weer Hoërskool Jan van Riebeeck bedank dat hulle ons op Vrydag, 11 Junie, vanaf 16:00 – 18:00 deelgemaak het van ‘n uitstekende krieketkliniek wat deur die Ryan Maron Krieketskool by hul sportvelde aangebied is. Verskeie van ons kranige krieketspelers het die kliniek bygewoon om aan hul krieketvaardighede te skaaf terwyl ons ouers heerlik deur die hoërskool se OOV onthaal is.

Naas Beets