Leerders wat assesserings mis tydens die eksamen a.g.v. siekte of isolasie: Let daarop dat volgens die WKOD se voorskrifte geen assessering tuis afgelê mag word nie. Indien ‘n leerder tydens die eksamen ‘n assessering mis, sal elke geval afsonderlik hanteer word. Die ideaal is dat die leerder die assessering wat hy/sy gemis het, inhaal tydens die tweede sessie (na eerste pouse) sodra hy/sy terug is.