Dit is vir ons heerlik om al ons kinders en personeel terug by die skool te ontvang. Ons verlang na ons ouers / voogde en hoop om binnekort meer samekomste te kan geniet.

Ons kan ook rapporteer dat ons leerders goed op datum is met die kurrikulum en hulle akademies uitstekend vorder te midde van die Covid-pandemie-uitdagings.

Dit is ongelukkig ook so dat ons uitstaande debiteure buitengewoon hoog is en dat daar te veel van ons ouers is wat vanjaar te stadig of glad nie skoolfonds betaal nie.

Bykans 80% van ons personeel word deur die skool self betaal en nie deur die onderwysdepartement nie. Skoolfondsontvangste is die ruggraat van ons aanbieding en dienslewering.

Daar is ‘n vrystelingsbeleid in plek vir ouers wat, binne voorgeskrewe maatreëls, nie die skoolfonds kan bekostig nie. Daar is dus geen verskoning vir ouers wat nie skoolfonds betaal nie.

Weens die dringendheid van die saak sal ons nuut-gekoöpteerde tesourier, Marili Thomson, met alle agterstallige debiteure in verbinding tree.

Ons vra julle samewerking in die verband sodat ons die skool in al ons leerders, personeel en ouers se belang ten beste kan bestuur en uitbou. Ons sê ook baie dankie vir ons vele ouers wat getrou hulle skoolfonds betaal.

Vriendelike groete,

Naas Beets
Skoolhoof

Merwe Scholtz
BR-Voorsitter

Marili Thomson
Tesourier