Verlore Goedere Uitstalling

Alle verlore goedere wat gedurende die tweede en derde kwartaal gevind is, sal Dinsdag, 19 September, na skool op die grasperk agter die skool uitgestal word. Ouers en leerders is welkom om deur die goedere te kom kyk as jou kind/ers 'n item vermis. Alle verlore goedere wat nie opgeëis word nie, sal geskenk word of vir die tweedehandse klerebank gegee word. Alle Verlore Goedere kennisgewings wat op Vrydae in die nuusbrief verskyn, is op die skool se webtuiste op die tuisblad beskikbaar. Rol af tot by "Kortpad" en kliek op die Verlore Goedere...

Meneer Beets op die tennisbaan

Vir die afgelope twee maande sien ons op gereelde basis ons skoolhoof in sy sportklere geklee deur die skool rondstap. Die rede - verseker nie omdat hy bietjie meer gemaklik wil aantrek nie! Hy oefen saam met sy dubbelspanmaat, Kobus, aan sy tennisvaardighede sodat hulle die stryd vanmiddag ordentlik teen mnr. Pieter Rademeyer (Skoolhoof van HS JvR ) en tennisafrigter, Morné, kan aansê. Ons skoolhoof is ongelooflik lief vir sport en geniet dit om aktief te wees. Boonop is hy baie kompeterend en ons glo dat hierdie kragmeting iets besonders sal wees. Ons wens vir mnr. Beets alle sterkte toe en weet dat die beste span - Laerskool Jan van Riebeeck natuurlik - sal...

Skoolhoofde-tennisope Vrydag, 15 Okt.

Die koors loop hoog vir Vrydagmiddag se tennisope. Die program: 16:00 - 17:00 LS seuns teen HS seuns 17:00 - 18:00 Skoolhoofde hoofwedstryd 18:00 - 19:00 Vertoonwedstryd Parkering is beskikbaar op die HS-parkeerarea. Ingang vanaf Kloof/Hofmeyerstraat. Daar is slegs een toegang tot die tennisbaan. Volg asseblief die aanwysings. Onthou asseblief om bewys van jou kaartjie saam te bring. Daar sal sosaties, worsbroodjies, slap-tjips en drankies te koop wees. Ons poog om kontantloos te werk. Laai gerus Snapscan op jou selfoon vir aankope. Daar sal slegs nie-alkoholiese bier bedien word aangesien kinders ook die funksie...

Prysuitdeling: Terugbring van bekers

Alle bekers wat tydens 2020 se prysuitdeling ontvang is, moet so gou as moontlik (reeds gegraveer) teruggebring word. Die bekers kan by juf. Annami Gerber (biblioteek) ingehandig word.

Musiekeksamenuitslae

Ons leerders het uitstekend in die Unisa klaviereksamens presteer. Baie geluk!! Leah de Kock            Gr 2    90% Philip van Rooyen     Gr 2   76% Lisa van As                Gr 2   77% Robyn Lister               Gr 1   78% Jan Karsten                Gr 4   73% Lara Pieterse              Gr 3   71% Lara Basson               Gr 2   73% Elsabe Scholtz            Gr 2   70% Cara Swanepoel         Gr 3   80% Susan Burger              Gr 1   70% Emke van Wyk            Gr 3   76% Mia Cruywagen           Gr 1   71% Willem Burger    Voor- Gr 1   73% Katia van Wyk              Gr 2   84% Ané Swanepoel            Gr 1   75% Susie Samuel               Gr 1   80% Chanelle van Wyk         Gr 1 ...

Eisteddfodmedaljes

Baie geluk aan die volgende leerders wat medaljes by die Eisteddfod gewen het. Ons is baie trots op julle! Klavier: Susie Samuel    Gr 3   Silwer medalje Jan Karsten      Groepsolo's   Gr 6-7   Silwer medalje Leah de Kock    Twee silwer medaljes en een goue medalje Solosang: Daniella Boshoff    Graad 4 Meisies   Silwer medalje Kerala Allewell       Graad 5 Meisies   Silwer medalje Stella Boje               Graad 6 Meisies   Silwer medalje Héloïse Strauss      Graad 7 Meisies   Silwer medalje Stella Boje               Afrikaanse lirieke   Silwer medalje Karu Rademeyer   Musiekblyspel   Graad R-4   Silwer medalje Stella Boje               Musiekblyspel   Gr 5-6   Silwer medalje Héloïse Strauss      Musiekblyspel   Gr 7   Silwer medalje Stella Boje               Junior Sang   Goue...

Skoolgeld- en begrotingsvergadering vir 2022

Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers / voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 8 November 2021, om 18:00 in die skoolsaal sal plaasvind. Volg die SKAKEL vir meer...

Geagte Ouers / Voogde

Oktober, die mooiste, mooiste maand... Só besig C. Louis Leipoldt dit in sy bekende gedig. “Viooltjies in die voorhuis - Viooltjies blou en rooi! Viooltjies orals op die veld, en orals ai, so mooi!” Die bogenoemde gedig bevestig net weer die prag en praal in ons Afrikaanse literatuur. Watter ander taal kan homself so mooi uitdruk: Daar word oor koeitjies en kalfies gepraat terwyl ons heerlik boeretroos op ‘n koue oggend geniet of die laventelhaan val homself disnis! Ons is trots Afrikaans en min tale is so kleurryk en flambojant soos Afrikaans! Met die aanbreek van Oktober kom ons aan die einde van kwartaal 3. Dit was ‘n besige kwartaal met verskeie uitdagings, maar ons Jannies, ouers/voogde en personeel het in alle opsigte met vlieënde vaandels geslaag. Die kwartaal se akademie word tradisioneel gekenmerk deur verskeie take en opdragte wat vir punte voltooi moes word. Baie dankie vir al ons ouers/voogde se waardevolle insette in die verband. Ons kon darem ook ‘n bietjie wintersport beoefen en ons Jannies het die spandeelname, wat vir so lank taboe was, terdeë geniet. Baie dankie aan al ons opvoeders en afrigters vir hul leeue aandeel om wedstryde en toernooie vir ons Jannies moontlik en genotvol te maak. Die laaste week by die skool was vol opwinding met musiekkonsert, kultuurkaskenades, Woord-Makietie en die personeel wat netbalwedstryde teen die o/13-dogterspanne gespeel het. Ek was deel van die onderwyserspan wat teen die o/13A-netbalspan op Woensdag gespeel het. Alhoewel ons gewen het, is ek seker dat ons met hordes voetfoute weggekom het. Hierdie jaarlikse hoogtepunt het in die vierkant afgespeel met al die Jannies wat rondom die...

JvR presteer by Wiskundekompetisie

Elke jaar word daar 'n wiskundekompetisie by Laerskool Van Riebeeckstrand aangebied.  Die doel van die kompetisie is vir verryking. Leerders word aan uitdagende somme blootgestel en leer om sekere somme baie vinnig te kan beantwoord. Ons het aan die begin van die kwartaal oggendlesse vir graad 6 en 7-leerders aangebied. Enige leerder wat wou, kon die lesse bywoon. 'n Pretdag is gereël op 4 September waar 45 leerders die dag bygewoon het. Verskeie aktiwiteite is op die dag aangebied. Van spoedtoetse, woordsomme en 'n skattejag tot Kahoots. Na afloop van die pretdag is die 16 leerders wat aan die kompetisie gaan deelgeneem het, geïdentifiseer. Die leerders wat deelgeneem het, was Jan Karsten, Katrien Stimie, Carla Snijders, Sebastian Maree, Luca Zulch, Fredrich Erasmus, Famke Schwartz, Mieke Hertzog, Alexander Benecke, Taniel Webber, Cara Swanepoel, Luja Marx, Ameli Snyman, Katja de Villiers, Izak Bezuidenhout en Owen Wiese.   Die kompetisie het Woensdag, 22 September, plaasgevind en ons leerders was reg vir aksie. Ongelukkig moes 'n paar skole onttrek voor die kompetisie, maar die skole wat deelgeneem het, was Van Riebeeckstrand, Gene Louw, Mikro, Swellendam, Table View, Elkanah House en Jan van Riebeeck. Ons leerders het uitstekend presteer en ons spanne het 1ste, 4de, 8ste en 12de geëindig. Baie geluk aan Jan, Katrien, Carla en Sebastian wat met die eerste prys weggestap het. Om die beste skool van die dag te bepaal, word al die punte van die spanne bymekaar getel. Ons het koning gekraai en met dié prys ook weggestap. Dit is die 6de jaar in 'n ry wat ons met beide trofeë wegstap (beste span en beste skool). Ons wil vir...

Jannies Woord-Makietie

Dinsdag, 28 September, het die Jannies makietie met woorde gehou. ‘n Opregte dankie aan ons gassprekers, Amanda en Leon de Stadler, wat ons leerders met die wonderkrag van woorde kom verryk het. Amanda en Leon is die skrywers van die nuwe Tesourus van Afrikaans. Leerders het ook woordspeletjies buite en in hul klasse gespeel. Baie dankie aan elkeen wat ‘n rol gespeel het om hierdie dag moontlik te maak. Ons Jannies het waarlik Afrikaanse woorde...

Peti Troski – boekvoorlesing

Peti Troski het die Jannies verlede Donderdag kom besoek. Die Graad 1-4-leerders het die voorlesing uit haar splinternuwe boek, "Lukas bou ‘n superkar", terdeë geniet. Baie dankie, Peti, vir hierdie wonderlike geleentheid wat jy aan ons leerders gebied het!

Interne Spelkompetisie

'n Laaste herinnering aan die spelkompetisie wat op 27 Oktober sal plaasvind. Let asseblief daarop dat die inskrywingsdatum vir die Graad 4 - 7's na 15 Oktober skuif. Dit is ‘n gulde geleentheid om Afrikaanse spelling en woordeskat te verbeter. Inskrywings: Enige graad 4-7-leerder kan inskryf. Daar sal geen uitdunrondte wees nie. Gebruik die Google Form om jou kind/ers in te skryf. Graad 1-3-leerders sal speltoetse in hul afsonderlike klasse skryf, wat as die uitdunrondte sal tel. Klasopvoeders sal dan bepaal watter leerders kan inskryf. Sluitingsdatum vir inskrywings: 15 Oktober Woordlyste: Leerders hoef slegs die eerste helfte van die woorde vir hul graad te leer. As daar bv. 300 woorde is, hoef leerders slegs 1-150 te leer. Kliek HIER vir die skakel na die woorde. Kompetisie Kompetisiedatum: 27 Oktober 2021 Kleredrag: Skooluniform Ongelukkig mag ons geen ouers by die kompetisie toelaat nie. Daar sal slegs een kompetisie-geleentheid wees waar ons die wenner per graad sal bepaal. Leerders sal gevra word om ‘n woord uit hul lys te klank/spel. Gr.1-2: klank foneties Gr.3-7: klank alfabeties Leerders moet die woord herhaal, dan klank en daarna weer die woord herhaal om aan te dui dat hul klaar is. Hulle mag van vooraf begin indien hul onseker is – hulle moet net eers “stop” sê. Jy as ouer kan help deur gereeld woorde te vra – skriftelik en mondelings. Kontak Annami gerus met enige navrae by...

Kultuurkaskenades

Baie geluk aan al die deelnemers van die Kultuurkaskenades. Julle het heerlike vermaak aan die leerders en onderwysers verskaf. Ons is trots op julle en al julle talente. Doen so voort, Jannies!!

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod

Baie geluk aan die volgende leerders wat medaljes by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod vir Voordrag en Lees verower het: Antjie Samuel - Voordrag Gr 1 Chris Derksen - Voordrag Gr 2 Abigail Fourie - Voordrag Gr 3 Susie Samuel - Lees Gr 3-4 Katryn Silvis - Lees Gr 3-4 Chrystal Conradie - Lees Gr 5-6 Liza Hitge - Lees Gr 5-6 Vida Engels - Lees Gr 7 Ons is baie trots op...

Belangrike Datums

augustus 2026

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor