Die koors loop hoog vir Vrydagmiddag se tennisope.
Die program:
16:00 – 17:00 LS seuns teen HS seuns
17:00 – 18:00 Skoolhoofde hoofwedstryd
18:00 – 19:00 Vertoonwedstryd
- Parkering is beskikbaar op die HS-parkeerarea. Ingang vanaf Kloof/Hofmeyerstraat.
- Daar is slegs een toegang tot die tennisbaan. Volg asseblief die aanwysings.
- Onthou asseblief om bewys van jou kaartjie saam te bring.
- Daar sal sosaties, worsbroodjies, slap-tjips en drankies te koop wees.
- Ons poog om kontantloos te werk. Laai gerus Snapscan op jou selfoon vir aankope.
- Daar sal slegs nie-alkoholiese bier bedien word aangesien kinders ook die funksie bywoon.