Alle verlore goedere wat gedurende die tweede en derde kwartaal gevind is, sal Dinsdag, 19 September, na skool op die grasperk agter die skool uitgestal word. Ouers en leerders is welkom om deur die goedere te kom kyk as jou kind/ers ‘n item vermis. Alle verlore goedere wat nie opgeëis word nie, sal geskenk word of vir die tweedehandse klerebank gegee word.

Alle Verlore Goedere kennisgewings wat op Vrydae in die nuusbrief verskyn, is op die skool se webtuiste op die tuisblad beskikbaar. Rol af tot by “Kortpad” en kliek op die Verlore Goedere blokkie.