Vir die afgelope twee maande sien ons op gereelde basis ons skoolhoof in sy sportklere geklee deur die skool rondstap. Die rede – verseker nie omdat hy bietjie meer gemaklik wil aantrek nie! Hy oefen saam met sy dubbelspanmaat, Kobus, aan sy tennisvaardighede sodat hulle die stryd vanmiddag ordentlik teen mnr. Pieter Rademeyer (Skoolhoof van HS JvR ) en tennisafrigter, Morné, kan aansê. Ons skoolhoof is ongelooflik lief vir sport en geniet dit om aktief te wees. Boonop is hy baie kompeterend en ons glo dat hierdie kragmeting iets besonders sal wees. Ons wens vir mnr. Beets alle sterkte toe en weet dat die beste span – Laerskool Jan van Riebeeck natuurlik – sal wen!