‘n Laaste herinnering aan die spelkompetisie wat op 27 Oktober sal plaasvind. Let asseblief daarop dat die inskrywingsdatum vir die Graad 4 – 7’s na 15 Oktober skuif. Dit is ‘n gulde geleentheid om Afrikaanse spelling en woordeskat te verbeter.

Inskrywings:

  • Enige graad 4-7-leerder kan inskryf. Daar sal geen uitdunrondte wees nie. Gebruik die Google Form om jou kind/ers in te skryf.
  • Graad 1-3-leerders sal speltoetse in hul afsonderlike klasse skryf, wat as die uitdunrondte sal tel. Klasopvoeders sal dan bepaal watter leerders kan inskryf.
  • Sluitingsdatum vir inskrywings: 15 Oktober

Woordlyste:

  • Leerders hoef slegs die eerste helfte van die woorde vir hul graad te leer. As daar bv. 300 woorde is, hoef leerders slegs 1-150 te leer.
  • Kliek HIER vir die skakel na die woorde.

Kompetisie

  • Kompetisiedatum: 27 Oktober 2021
  • Kleredrag: Skooluniform
  • Ongelukkig mag ons geen ouers by die kompetisie toelaat nie.
  • Daar sal slegs een kompetisie-geleentheid wees waar ons die wenner per graad sal bepaal. Leerders sal gevra word om ‘n woord uit hul lys te klank/spel.
  • Gr.1-2: klank foneties
  • Gr.3-7: klank alfabeties
  • Leerders moet die woord herhaal, dan klank en daarna weer die woord herhaal om aan te dui dat hul klaar is. Hulle mag van vooraf begin indien hul onseker is – hulle moet net eers “stop” sê.

Jy as ouer kan help deur gereeld woorde te vra – skriftelik en mondelings. Kontak Annami gerus met enige navrae by biblioteek@jvrprim.co.za.